Sunday 23 October 2011

Are you wrinkled with burden? Come to God for a faith lift... - unknown

Haloes! :)


Are you wrinkled with burden? Come to God for a faith lift. ~Author Unknown

Psalm 20

Mag die Here u gebed verhoor in moeilike tye! Mag die God van Jakob u beskerm! Mag Hy vir u hulp stuur uit sy heiligdom op Sion. Mag Hy al u offerandes onthou, en mag u gawes vir Hom aangenaam wees. Mag Hy u gee wat u graag wil hê en mag Hy u planne laat uitwerk. Ons sal juig oor u oorwinning en vlae in die lug opsteek in ons God se naam. Mag die Here al u gebede beantwoord. Nou weet ek dat die Here die koning sal laat wen wat Hy uitgekies het. Uit sy heilige hemel hoor Hy die koning se gebed en deur sy krag gee Hy die koning groot oorwinnings. Daar is party wat vertrou op hulle oorlogswaens en ander weer op hulle perde, maar ons vertrou net op die Here ons God. Hulle sal neerslaan en bly lê, maar ons sal opstaan en nie oorwin word nie. Here, laat die koning die oorwinning behaal en verhoor ons wanneer ons bid...

God understands our prayers even when we can't find the words to say them. ~Author Unknown

A man with God is always in the majority. ~John Knox

Ek het laas week die volgende storietjie gehoor wat nogals vir my baie beteken het… Daar was 2 ouens wat oorkant mekaar gebly het, Jan en Klaas… Jan kon elke aand nie slaap nie omdat hy vir Klaas baie geld geskuld het… Klaas het nie geweet van die geld wat Jan hom skuld nie (hy het al vergeet daarvan), so hy het weer elke aand soos ‘n baba geslaap… Een aand toe kon Jan dit net nie meer hou nie, en hy stap toe oor na Klaas toe en sê – “luister, ek voel verskriklik sleg, want ek skuld jou hierdie hoop geld… Ek kan saans nie slaap as gevolg daarvan nie…" Hy draai toe om, gaan huis toe, en slaap soos ‘n baba – omdat Hy dit van homself kon afkry… Klaas het toe weer op SY beurt daaroor wakker gelê…

Wat hierdie storie vir my weer kom duidelik maak het, is dat God HEEL DAG EN NAG wakker is, en dat ons die probleme en moeilikheid wat ons ervaar, by SY voete kan gaan neerlê… Dit help nie om snags daaroor wakker te lê en te worry nie… God is GROTER en STERKER as ENIGE probleem wat jy mag ervaar… En HY is die een wat in staat is om dinge te laat uitwerk, baie keer sonder dat mens ‘n IDEE het HOE Hy uitkoms laat kom het of nuwe geleenthede paaie gemaak het waar daar net doodloopstrate was… Al lyk dinge dalk vandag vir jou HOE onmoontlik, of al lê jy dalk al vir ‘n paar weke wakker oor dinge wat jou pla, PRAAT met God vandag… Laat HOM toe om dit vir jou uit te sorteer… Vat jy net Sy hand, en stap saam met Hom… Hy sal die paaie vir jou gelyk maak, en aan jou NUWE krag en HOOP kom gee vir die dag van môre… Laat ons net op EEN dag op ‘n slag fokus… Los môre vir môre… Ons het in elk geval geen beheer oor wat môre mag gebeur nie, so moenie probeer om môre se probleme al vandag uit te sorteer nie… God sal SORG vir die dag van môre… Laat toe dat God vir jou 'n "faith lift" vir al die plooie van bekommernis kom gee in jou lewe :)

Mag jy Sy liefde en beskerming en genade hierdie week ten volle in jou lewe ervaar...

Blessings!

No comments: