Monday 31 October 2011

“Never be afraid to try something new… Remember, amateurs built the ark… Professionals built the Titanic…” ~ Anonymous

Haloes! :)


“Never be afraid to try something new… Remember, amateurs built the ark… Professionals built the Titanic…” ~ Anonymous

Jeremiah 29:11

“For I know the plans I have for you,” says the Lord… They are plans for good and not for disaster, to give you a future and a hope…”

Psalm 10:17

“Here, U hoor die smeking van die hulpeloses… U sal hulle gerusstel en hulle gebede verhoor…”

“Time you enjoy wasting, was not wasted…” ~ John Lennon quotes

Learn from yesterday, live for today, hope for tomorrow… ~ Albert Einstein quotes

Hoe powerful is hierdie aanhaling nie?! Noag wat die ark gebou het, het slegs volgens God se instruksie gewerk… Hy het toegelaat dat God hom lei, al het mense hom uitgelag oor dit wat hy aangepak het… As ek aan daardie storie dink, kom dit altyd by my op dat hulle hom uitgejou het oor die feit dat hy ‘n enorme ark gebou het, alhoewel daar geen water was nie…

Soms beleef ons ook droeë tye in ons lewe – tye van moeilikheid, tye wat dit dalk vir ons voel of ons sonder seën van God loop, tye van siekte, swaarkry, hartseer… Dis in sulke tye wat ons opnuut moet onthou om net 1 dag op ‘n slag te lewe!! Nie weke vooruit nie… En ook om te bid, en te vertrou dat God die beste weet vir jou lewe… Moenie bang wees om nuwe geleenthede aan te gryp nie… Moet ook nie bang wees vir dinge wat vir jou voorle, as jy dalk nie heeltemal die volle prentjie kan sien nie... God wat in jou verlede nog altyd daar was, en nog ALTYD gesorg het, sal ook nou sorg... Hy sal ELKE dag saam met jou loop, en jou BEWAAR dat jy jou voet nie teen 'n klip sal stamp nie... Moenie bang wees om nuwe dinge te ervaar, nuwe mense te leerken of om dit wat “onmoontlik” lyk aan te pak nie… God sal die reen van seen stuur, op die tyd wat jy dit nodig het... God het vir Noag gehelp om ‘n ark te bou, wat 40 dae en 40 nagte se reën oorleef het… Water wat ALLES uitgewis het, behalwe vir Noag en sy geliefdes, en die diere in die ark… As ons glo en ons vertroue in God stel is daar GEEN beperking op wat in jou lewe kan gebeur nie!!! God is GROTER as ENIGE ENIGE ENIGE IETS!!!

Blessings!

No comments: