Wednesday 5 October 2011

“The best way out is always through…” ~ Robert Frost

Haloes! :)


“The best way out is always through…” ~ Robert Frost

Jesaja 40:26

“Wie het die sterre gemaak? Hy maak hulle sigbaar, die een na die ander, en roep elkeen by sy naam… Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie…”

Jesaja 41:10

“Moenie bang wees nie, want Ek is by jou… Moenie ontsteld wees nie, want Ek is jou God… Ek maak jou sterk, en wil jou help… Ek hou jou vas, met my reddende regterhand…”

To find what you seek in the road of life, the best proverb of all is that which says: "Leave no stone unturned." ~ Edward Bulwer Lytton

“Hope is like the sun, which, as we journey toward it, casts the shadow of our burden behind us…“ ~ Samuel Smiles

Het jy al verdwaal? Dis iets waarmee ek al ‘n paar keer gekonfronteer is (veral die laaste tyd wat ek myself in ‘n nuwe omgewing bevind het)… :) As die son skyn, en dit nog lig is, is dit heel oraait, want jy behoort gewoonlik vinniger op die regte koers weer te kan kom… Maar as dit reeds donker nag is, en alles dieselfde lyk, en jy geen bakens het om jou die weg te wys nie, kan dit nogals vreesaanjaend wees…

Die lewe is ook so… Partykeer kan jy so vasgevang raak in mense of dinge wat aanloklik lyk, dat jy heeltemal jou pad kan verloor… Dit kan gebeur in tye wat jy “kwaad” is vir God, vir sekere dinge wat dalk met jou gebeur het, wat moeilik is vir jou om te hanteer… Jou werk kan onvervullend wees, jou lewensmaat, ou of meisie kan net vir jou voel of dinge nie werk nie, jou vriendskappe kan sukkel, en jy kan dalk net permanent voel of jy jouself op moedverloor se vlakte bevind deur die dinge wat daagliks gebeur… Hierdie vers in Jesaja is ABSOLUUT ongelooflik mooi vir my… God het ELKE ster geskape, en ELKE een flikker ELKE aand… Sommige aande skyn hulle dalk nie so helder soos ander nie (soos ons ook maar – wanneer ons moeilike tye beleef of net totaal en al moeg is), maar al skyn hulle nie helder nie, beteken dit nie dat hulle nie meer daar is nie… God sal ook sorg dat hulle nie “wegraak” of uit hulle wentelbaan beweeg nie…

So sal God vir jou ook sorg… al voel dit vir jou of jy nie meer weet watter kant toe, of wat die weg is wat jy moet volg nie – jy is steeds in jou “wentelbaan”… Miskien beweeg jy net bietjie stadiger as wat jy sou wou, maar jy is steeds op koers… Jy was dalk net tydelik soos een van daardie “under construction” sites… God sal jou nie laat “wegraak” of verdwaal nie… Hy sal jou op koers hou, en Hy sal vir jou sorg, sodat jy jou LIGGIE kan laat SKYN! Jou God is in beheer :) Vertrou net, en los die bekommernisse agter… Vat Sy hand, en laat Hom toe om jou ‘n pad van seën te laat loop… Moenie bang wees vir wat die lewe jou kant toe gooi nie – God is ten VOLLE in beheer…

Blessings!

No comments: