Thursday 29 September 2011

“Jy is NOU hier, so maak die meeste daarvan en geniet dit…” ~ berne kotze

Haloes! :)


“Jy is NOU hier, so maak die meeste daarvan en geniet dit…” ~ berne kotze

Efesiërs 3:20

“Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra, of dink om te vra…”

Fillipense 4:6

“Moet oor niks besorg wees nie, maar bid oor alles… Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom dank vir alles wat Hy doen… As julle so bid, sal julle God se vrede beleef… Hierdie vrede is wonderliker as wat ‘n mens ooit kan dink… Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle gedagtes soos veiligheidswagte oppas…”

“And in the end, it is not the years in your life that count… It’s the life in your years…” ~ Anonymous

“Life is what you make it… Always has been, always will be…” ~ Eleanor Rooseveldt

Ons lewe in tye wat so gejaagd is, dat dit baie maklik kan raak om “die slegte dele” om te wens… Soos bv werk waarvoor jy nie lus is nie, funksies wat jy moet bywoon of sommige van daardie dinge wat jy net “moet doen”… Ek weet dat ek self daaraan skuldig is met die volgende woorde wat ek al baie gebruik het - “as hierdie week net verby kan kom, sal dinge beter gaan…” Hierdie afgelope naweek het ek egter net weer opnuut hieroor gedink toe een van my vriende aan iemand anders gesê het – “ons is nou hier, so maak net die meeste daarvan en kom ons geniet dit!”

Ek dink dat dit die tipe uitkyk is wat ons op die lewe moet hê… Maak nie saak wat gebeur of wat jou situasie oplewer of waar jy jouself bevind nie – ons moet probeer om die positiewe raak te sien… Ek weet dat baie van julle sal dink – anél – jy ken nie my situasie nie – daar is werklik niks positief omtrent my situasie wat ek kan raaksien nie… Ek dink nie noodwendig dat jou situasie positiewe dinge hoef in te hou nie – maar jou LEWE as 'n geheel, sal WEL! Life is a GIFT, we just need to open the present (letterlik en figuurlik)… Ek dink dat mens regtig baie maklik vasgevang kan word in jou omstandighede en situasie dat daaglikse seën by jou verby kan gaan… Die seën lê ook nie altyd in die GROOT goed nie – maar wel die klein dingetjies…

Een ding wat mense baie vergeet, is dat ons nie ‘n probleemvrye lewe gewaarborg is, wanneer ons vir Jesus as ons Pa aanneem nie… Die duiwel hou van ‘n uitdaging, en wanneer jy ‘n Christen is, is jy ‘n uitdaging… Jy is egter gewaarborg dat Jesus 24/7 by jou sal wees, en beskikbaar vir jou sal wees… Jy het ‘n tolvrye lyn hemel toe – elke oomblik van elke dag… Gebruik dit, en laat God toe om die te sorg vir dit waaroor jy nie beheer het nie… Jy hoef nie altyd na almal rondom jou om te sien nie - vertrou God daarvoor... Hy sluimer nie en Hy slaap nie - Hy is in elkgeval heel nag wakker, so JY hoef NIE oor ENIGE iets wakker te le nie... As daar dalk vandag onbeplande dinge jou pad kruis of as jy dalk opeindig iewers anders as bepland - geniet dit net! Die lewe het 'n manier om jou somtyds te verras... Just open the present... Moenie vaskyk in hoe dit toegedraai is nie :)

Blessings!

No comments: