Tuesday 25 October 2011

“If I knew that today was my last day on earth, would I do what I am about to do?” ~ Steve Jobs

Haloes! :)

“If I knew that today was my last day on earth, would I do what I am about to do?”  ~  Steve Jobs

Spreuke 18:10

“Die naam van die Here is soos ‘n veilige fort…    Die regverdige gaan skuil daar en word beskerm…”

Psalm 28:7-9

"The LORD is my strength and my shield; my heart trusts in him, and I am helped. My heart leaps for joy and I will give thanks to him in song. The LORD is the strength of his people, a fortress of salvation for his anointed one. Save your people and bless your inheritance; be their shepherd and carry them forever."

When I stand before God at the end of my life, I would hope that I would not have a single bit of talent left, and could say, "I used everything you gave me."  ~Erma Bombeck

The purpose of life is a life of purpose.  ~Robert Byrne

Ek dink ons raak so baie keer vasgevang in die gejaagdheid van die lewe, dat ons partykeer vergeet om te lewe…  Dit gaan net by ons verby.  Ons jaag daagliks en doen wat gedoen moet word, dat ons partykeer nie eens tyd vir onsself het nie, nie tyd vir God het nie, en ook nie tyd vir geliefdes het nie…  Wanneer laas het jy iets vir die eerste keer gedoen?   Wanneer laas het jy iets gedoen omdat dit vir jou lekker was, eerder as omdat jy dit MOES doen?  Wanneer laas het jy iets vir jouself gedoen?

Dis vrae wat partykeer moeilik raak om te beantwoord!  Weet jy nog deesdae wat vir jou belangrik is in die lewe?  Of het jy dalk bietjie jou koers verloor?  Doen jy net wat gedoen moet word om deur die dae te kom, en uiteindelik weer by naweek uit te kom?  God wil nie hê dat die lewe vir jou so moet wees nie!!!  HY wil ook nie hê, dat alles wat jy beleef vir jou sleg moet wees, of dat jy nie lewensvreugde put uit dit wat jy daagliks doen nie…  Elke dag, is ‘n nuwe uitdaging, en elke dag is ‘n nuwe kans om jou drome na te jaag, of om deur te druk – en deursettingsvermoë aan die dag te lê ten einde drome waar te maak… 

Rome is nie in ‘n dag gebou nie, en sommige dinge (veral die goeie dinge in die lewe) vat TYD!  “Good things comes to those who wait” (and pray)…  God beantwoord gebede…  En Hy seën mense wat voluit lewe, en leef om hulle “doel” op aarde na te jaag…  As jy nog nie weet wat jou doel is nie – BID…  God sal dit aan jou uitwys!!  En as jy dalk taai en moeilike tye beleef, byt VAS!  God is met jou, Hy wil hê dat jy uit ELKE dag vreugde moet put!  Hy seën ons elke dag met soveel dinge!  Ons sien dit net nie aldag raak nie…  Weet dat Jesus by jou is, daar waar jy ookal gaan vandag…  Hy sal die dinge laat uitwerk, paaie maak waar daar nie paaie is nie, en uitkoms uit moeilike situasies vir jou bring…   Maak seker dat die mense wat vir jou spesiaal is, en wat vir jou baie beteken, dit WEET!  Moenie aanneem hulle weet nie – sê vir iemand as jy hulle liefhet!  As jy vandag weet dat dit jou laaste dag is, waaraan sal jy jou tyd spandeer en hoe sal jy mense wat jou pad kruis behandel? 

Blessings!

No comments: