Tuesday 25 October 2011

“Sometimes life is going to hit you in the head with a brick – just don’t lose faith… and don’t settle!” ~ Steve Jobs

Haloes! :)


“Sometimes life is going to hit you in the head with a brick – just don’t lose faith… and don’t settle!” ~ Steve Jobs

2 Kronieke 20:15-17

“Moenie bang wees nie! Moenie moedeloos wees oor hierdie magtige leër nie, want die oorlog is nie julle s’n nie, maar God s’n… Môre sal julle teen hulle uittrek. Julle sal hulle teëkom wanneer hulle opkom teen die pas van Sis, by die einde van die vallei wat uitmond op die Jeruelwoestyn. Dit sal nie nodig wees vir julle om te veg nie. Neem julle posisies in, en staan dan en kyk na die oorwinning van die Here… Hy is met julle… Moenie bang of moedeloos wees nie… Gaan môre soontoe, want die Here is met julle…”

“Look at life through the windshield, not the rear-view mirror…” - Byrd Baggett quotes

“Let God's promises shine on your problems...” ~Corrie Ten Boom

Hierdie Bybelvers is vir my ongelooflik!!!! Hoe seën God ons nie hierdeur nie!!! Dit gebeur so baie dat ons “gevegte” het wat ons moet veg in ons lewens… Eksamens wat geskryf moet word, werk stress wat hanteer moet word, siekte of dood wat verwerk en geveg moet word… Dit kan baie maklik wees om net te sien – hier is ‘n “army” besig om op my af te pyl… Hulle het die sterkste uitrustings aan, en gaan my uitvat met die eerste “skoot”… Dis ek teen die wêreld… En ek is klein en nietig…

Ons is klein en nietig, maar ons het vir God… En as ons vir God het, het ons ALLES!!! Hy is groter as ENIGE army wat dalk op jou mag afpeil… Soos 2 Kronieke hierbo vir ons bevestig – dis nie JOU GEVEG nie… As jy vir God in jou lewe aangeneem het, sal Hy NAMENS jou veg!!! Jy hoef net op te daag, en jou hand in Syne te sit… NIKS is groter as God nie… Hy was van die begin af daar, en Hy sal daar wees tot die einde van jou lewe… Hy sal met elke uitdaging vir jou sorg… Daai eksamen, die werkloosheid, finansiele moeilikheid, hartseer, pyn, siekte, moeilike werksituasies, of probleme in verhoudings - watookal jy FACE, hou vas aan die feit dat jou God GROTER is as al daardie dinge “combined”… Al slaan daardie baksteen jou teen jou voorkop, soos Steve Jobs se aanhaling sê – moenie opgee nie, en moet onder GEEN omstandighede settle vir 2e beste nie… Jy verdien NET die BESTE… God sal vir jou die oorwinning gee wat jy nodig het om daardie BESTE te ontvang… Trek jou wapenrusting aan, en staan STERK… God sal jou rots wees, en die aarde onder jou voete stewig maak…

Hy is reeds by jou, sodat jy ENIGE iets wat môre oor jou pad kom, sal kan hanteer…

Blessings!

No comments: