Wednesday 19 October 2011

“Laugh as much as you breathe and love as long as you live.” ~ Anonymous


Haloes! :)

“Laugh as much as you breathe and love as long as you live.” ~ Anonymous

Fillipense 4:4-7

“Wees altyd bly omdat julle Christene is… Ek sê dit weer: Wees bly! Laat almal sien hoe bedagsaam julle lewe… Onthou: die Here kom binnekort… Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles… Vra alles wat julle nodig het,van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy vir julle doen… As julle so bid, sal julle God se vrede beleef… Hierdie vrede is wonderliker as wat ‘n mens ooit kan dink… Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos ‘n veiligheidswag oppas…”

1 Tessalonisense 5:16-18

“Wees altyd vol blydskap. Moenie ophou bid nie. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle as Christene verwag…”

Most people would rather be certain they're miserable, than risk being happy. ~Robert Anthony

The best way to cheer yourself up is to try to cheer somebody else up. ~Mark Twain

Ek het die ander dag 'n aanhaling gelees van Charlie Chaplin - "a day without a laugh is a wasted day..." Dit voel partykeer (eintlik BAIE keer!) vir my dat die lewe so 'n absolute gejaag geword het, dat ons so afhanklik van tegnologie geraak het, dat ons nie altyd "connect" met mense soos ons kan nie. Ons sê: haloe, hoe ganit? En dan hardloop jy verder sonder om eers te hoor altyd wat die ander persoon se... Ons raak so vasgevang in ons eie situasies, pyn en hartseer dat ons nie eers altyd besef dat daar ander mense is, met wie ons daagliks in aanraking is, wat baie groot fights het om DAAGLIKS te veg, en met groot hartseer worstel...

Ek dink dat as elkeen van ons poog om een persoon te laat glimlag, of om een persoon se dag op te beur, kan ons werklik die wêreld verander!! Ek ken geen medisyne wat so goed werk soos LAG nie... Al is mens ook net bietjie ligsinnig partykeer! Ons is baie keer so vasgevang in al die hartseer, moeilikheid en ernstigheid van die lewe, dat ons vergeet om die ligte kan raak te sien… Gelukkig seën God ons daagliks met mense of situasies wat ons met ‘n glimlag sal agterlaat… God het 'n snaakse sin vir humor partykeer, maar soos ek al agtergekom het, geniet Hy 'n goeie grappie, en sal Hy ALTYD die dinge laat uitwerk. Al vat dit soms bietjie langer, of moet jy dalk ‘n ompad stap :) Ons moet net nie bekommerd raak wanneer die dinge nie wil uitwerk of moeilik gaan nie... Koester goeie vriende, familie en lekker lag!! Dis een van die grootste blessings wat God aan ons gegee het...  Mag jou dag gevul wees met lekker lag!!

Blessings,


No comments: