Wednesday 12 October 2011

“Fear can keep us up all night long, but faith makes one fine pillow.” ~ Anonymous

Haloes! :)

“Fear can keep us up all night long, but faith makes one fine pillow.” ~ Anonymous

Psalm 46:2-3

“God is ons toevlug en ons krag… In nood is Hy gereed om te help… Ons sal nie bang wees nie, al bewe die aarde, al verskuif die berge diep in die see…”

Spreuke 3:25-26

“Jy hoef nie bang te wees dat teëspoed jou skielik sal tref nie… Die rampe vir slegte mense bedoel, sal nie oor jou kom nie… Die Here is jou beskermer, Hy sal sorg dat jy nie in ‘n strik trap nie…”

"Faith is taking the first step even when you don't see the whole staircase.” ~ Anonymous

"Faith is like radar that sees through the fog..." ~Corrie Ten Boom, Tramp for the Lord

Het jy al in die donker in ‘n kamer gestap en probeer om jou weg te vind? Byvoorbeeld om klere te soek, of net jou pad na die bed te vind – sonder om ander mense wakker te maak? Alhoewel jou hele omgewing vir jou bekend is, en jy al 100 keer daar geloop het, is omstandighede totaal en al anders as dit donker is… Jy sal 99 keer van die tyd in iets vasloop, of iets omstamp en dan ‘n groter geraas maak as wat jy net ‘n liggie vir ‘n klein tydjie aangehad het…

Jou lewe is presies dieselfde… Wanneer dinge donker is, en verkeerd gaan en niks wil uitwerk nie, is dit baie moeilik om met selfvertroue te loop in die donker… Vrees kan so maklik jou lewe oorneem, en dit kan mens totaal en al verlam… Dit kan jou lewe oorheers – om heeltyd te worry oor dinge waaroor jy geen beheer het nie… Oor jou kinders, jou ouers, jou werk, jou studies, jou finansies, jou siekte, jou huwelik of verhouding, die dag van môre… Ek is seker met hierdie lys is daar iets waarmee elkeen van julle kan identifiseer… Mens “worry” 99% van die tyd oor dinge wat nooit gebeur nie… Iets waarby ek probeer lewe die laaste tyd, is dat ek nie bekommerd wil raak VOOR iets gebeur nie… Vat elke dag soos dit kom, en as probleme of vrese opduik, om dit dan te hanteer… Dis nie altyd so maklik nie J Al wat ons kan doen is om te weet waar ons krag lê, en te glo dat God weet hoe die dinge moet uitwerk, en dat Hy ook weet wat Hy vir ons lewens beplan… God het ‘n manier om die detail te laat uitwerk, sonder ons hulp… Al wat Hy van ons vra, is dat ons sal vertrou, dat Hy ons hand sal vat in die donker, en ons sal lei – dat ons, ons voet nie teen ENIGE klip sal stamp nie…

Mag God jou lei vandag, en mag jy absoluut Sy groot liefde en genade in jou lewe ervaar…

Baie blessings!



No comments: