Thursday 27 October 2011

“Stay hungry, stay foolish…” ~ Steve Jobs

Haloes! :)


“Stay hungry, stay foolish…” ~ Steve Jobs

Psalm 18:2-7

“Ek het U baie lief, Here… U is my sterkte… Die Here is my rots, my vesting en my redder… my God, en my rots by wie ek skuil… Hy is my skild, my magtige redder en my veilige vesting… Ek sal roep tot die Here wat my lofwaardig is, want Hy red my van my vyande… Bande van die dood omring my, bande van die dood draai my vas, strike van die dood wag my in… In my angs het ek tot die Here geroep, tot my God om hulp… In Sy heiligdom het Hy geluister, my hulpgeroep het Hy gehoor…”

Psalm 27:1

“Die Here is my lig en my redding, vir wie moet ek dan vrees? Die Here is my lewenstoevlug, vir wie sal ek dan bang wees…”

Life is what we make it, always has been, always will be. ~Grandma Moses

Don't go around saying the world owes you a living. The world owes you nothing. It was here first. ~Mark Twain

Die dominee het Sondag in die Kerk gesê – “I realized, that my life is on a countdown… I already 52 years old, and my time left on earth is limited…” Ek dink ons vergeet dit partykeer… Ons is NOU hier, en ons het NOU die kans om ‘n verskil te maak… Wat jy van JOU lewe maak, hang van JOUSELF af… God het ons geseën met ‘n vrye wil… En die vryheid om te kan keuses maak… Hoe jou lewe gaan uitdraai, hang af van die keuses wat jy sal maak…

Die lewe is hard – dit doen niemand gunse nie, en dit skuld NIEMAND enige iets nie… Baie mense leef konstant in ongelukkigheid, omdat hulle voel dat die lewe hulle ‘n ietsie skuld… Sodra dinge nie wil uitwerk nie, soek mense iemand om te blameer… En hoe hard dit ookal mag klink, dink ek blameer baie mense vir God vir hul verkeerde keuses, of as die dinge net nie wil uitwerk nie… Hoe jou lewe uitdraai, hang net van jouself af… God sal jou nie vir ‘n oomblik alleen laat nie – hierbo in Psalm 27 is net weereens ‘n bevestiging daarvan… Ek het ook al baie agtergekom - wanneer jou ingesteldheid positief is, is daar GEEN limiete op wat jy kan doen nie… Dinge werk net makliker uit, en jy ervaar daardie innerlike joy meer as jy positief ingestel is… Dit gaan harde werk van jou verg, want jy moet jouself motiveer om positief te bly, maar solank jy probeer, is daar geen keer aan wat jy kan doen nie… Ek het al baie agtergekom, daar kan 10 goeie goed gebeur in jou dag, en 1 slegte ding, en daardie 1 slegte ding kan sommer vinnig vir jou ‘n “slegte” dag laat hê as jy dit toelaat! “Today is the first day of the rest of your life…” Dit is ‘n aanhaling wat vir my REUSE waarheid in het! Als wat jy nog wil doen, of kan doen met jou lewe – begin VANDAG!!! Lewe so dat as jou “countdown clock” tot ‘n einde kom mense sal praat van die inspirasie wat jy was – iemand wat sy drome nagejaag het, en die meeste gemaak het van elke geleentheid… “stay hungry, stay foolish…” Moenie terugstaan of dink jy is nie goed genoeg om jou drome waar te maak nie… God maak nie “flops” nie… Net GOOD QUALITY PEOPLE!! EN jy is ‘n unieke brand J Leef dit, leef met “no regrets!” Mens is altyd meer spyt oor dit wat jy NIE gedoen het, as die dinge wat jy wel gedoen het nie… :)

Blessings!

Anel**



Ek het vanoggend 'n gebedsversoek wat ek ontvang het - ek wil dit graag vir julle aanstuur en vra dat julle sal saambid!

Hi Anella. Ek het n gebedsversoek. Ek het gister by 'n vriendin gehoor van 'n jong vroutjie, 32 jr oud v De Aar en ma van n kleuter. Sy het tongkanker gekry waarna haar tong verwyder is en sy chemo behandeling/bestraling gekry het. Sy sukkel met eet en drink want mens besef nie hoe groot die rol vd tong in eet, drink en praat is nie. Hul het 'n voedingsbuis in haar maag gesit waardeur sy nou voedsel kan inneem. Drs het nou bevind dat die kanker verspei het na haar kakebeen wat meebring dat die kaak verwyder moet word. Hul vertrou nou op God vir n wonderwerk! Kom ons bid en vertrou saam met hulle dat ons God, by wie alles moontlik is, wat ons GROOT GENESER is 'n wonderwerk sal doen sodat Sy Naam daardeur verheerlik kan word! Sal waardeer indien jy dit kan aanstuur na jou gedagteki lysie. Laat ons HOM prys want Hy IS GROOT!

No comments: