Thursday 20 October 2011

“The difference between school and life? In school, you're taught a lesson and then given a test. In life, you're given a test that teaches you a lesson.” - Tom Bodett quotes

Haloes! :)


“The difference between school and life? In school, you're taught a lesson and then given a test. In life, you're given a test that teaches you a lesson.” - Tom Bodett quotes

Matteus 6:25-26

“Daarom sê Ek vir julle, hou op om julle te bekommer oor julle daaglikse lewe, oor wat julle sal eet of drink, of oor julle liggame – wat julle sal aantrek… Is die lewe nie kosbaarder as kos nie? En is mens se liggame nie kosbaarder as klere nie? Hou die voëls in die lug dop… Hulle saai nie, en hulle oes nie, en hulle maak nie in skure bymekaar nie… Dis onnodig, want julle Hemelse Vader gee aan hulle kos…”

2 Korintiërs 12:9-10

“Hy het egter vir hulle gesê: My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking… Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk… Ek is dus tevrede met my swakhede, beledigings, ontberings, vervolgings en benoudhede ter wille van Christus, want wanneer ek swak is, juis dan is ek sterk…”

“Our strength grows out of our weaknesses” ~ Ralph Waldo Emerson quotes

“Perhaps our eyes need to be washed by our tears once in a while, so that we can see Life with a clearer view again.” - Alex Tan quotes

Hoe waar is hierdie onderwerp van vandag nie?!?! Op skool word ons voorberei vir dit wat op ons wag… Ons word selfs bietjie ge”spoonfeed” soms… “Hierdie is die werk wat geleer moet word”, en wanneer die toets kom, sal jy niks anders as die werk wat die onderwyser aan jou gekommunikeer het, in daardie toets aantref nie…

Die lewe is egter ‘n HEEL ander “ballgame”… Ons kry daagliks dinge wat ons paaie kruis waarop ons nie voorbereid was nie… En partykeer is dit sommer GROOT “earth shattering” dinge! Siekte wat net skielik in jou lewe te voorskyn kom – of dit nou met jou gebeur of met ‘n geliefde, dit is VREK erg! Werk wat verloor word, finansiële moeilikheid wat daaruit voortvloei… Geliefdes wat aan die dood afgestaan moet word… Verhoudings wat verbrokkel, huwelike wat uitmekaarval… Drome wat versplinter, dinge waarop ons so gehoop het, en voor gebid het, wat net nie gebeur nie… Gebede wat onbeantwoord bly… Ek was die ander dag in geselskap waar iemand gekla het oor iets wat hy / sy moes doen, en dat dit langer geneem het as wat daardie persoon gehoop het… Die een persoon het toe net gereageer deur te sê – “die proses is besig om aan jou karakter te bou…” Wanneer dinge dalk onverstaanbaar moeilik gaan in jou lewe – weet dat God besig is om karakter te bou… Moenie vra – “hoekom ek” nie… Iemand het een keer vir my gesê – hoekom NIE jy nie?? Ons vra altyd die vraag as slegte dinge met ons gebeur, hoekom dit ons lot moet wees… Ek glo egter nie dat ons dit as ‘n “lot” moet sien nie, partykeer is die swaarkry, “blessings in disguise!” Goeie goed vloei 99% uit die swaarkry voort… Deur 5 minute langer vas te byt as die ander – bou karakter… God sal Sy getroue dienaar NIE in die steek laat nie… Hy SAL voorsien!!!

Blessings!**

No comments: