Tuesday 4 October 2011

“You may have to fight a battle more than once to win it…” ~ Margaret Tatcher

Haloes! :)


“You may have to fight a battle more than once to win it…” ~ Margaret Tatcher

2 Kronieke 20:15-17

“Moenie bang wees nie! Moenie moedeloos wees oor die magtige leër nie, want die oorlog is nie julle s’n nie, maar God s’n… Môre moet julle teen hulle uittrek… Dit sal nie vir julle nodig wees om te veg nie… Neem net julle posisies in, en staan dan en kyk na die oorwinning van die Here… Hy is met julle! Moenie bang, of moedeloos word nie… Gaan môre soontoe, want die Here is met julle…”

Jakobus 5:13

“Is daar van julle wat swaarkry? Dan moet julle aanhou bid daaroor… En die wat opgeruimd is, moenie ophou om lofliedere te sing nie…”

“Be kind, for everyone you meet is fighting a harder battle.” - Plato quotes

“It is impossible to win the race unless you venture to run, impossible to win the victory unless you dare to battle.” - Richard M. DeVos quotes

Wie sal jy saam met jou oorlog toe neem?? Elkeen van ons is geseën met gawes deur God… En God het vir ELKEEN van ons ander sterkpunte gegee… Die dinge waarin jy swak is, is dalk weer iemand anders se sterker eienskappe… My familie is defnitief in die span wat ek sal saamneem as ek die troepe bymekaar moet maak… Ek onthou toe ek klein was, het my ma eendag ‘n storie aan ons vertel… Sy’t gesê dat Jesus het ons 5 aan mekaar as geskenk gegee, en dat ons 5, soos 5 vuurhoutjies is… As jy een vuurhoutjie op sy eie neem, en jy probeer hom breek, sal dit sommer maklik knak… Maar as jy 5 vuurhoutjies saamsit, en ‘n 6e ene – wat Jesus verteenwoordig, gaan jy met ‘n gesukkel daardie vuurhoutjies gebreek kry… Dis iets wat my lewe lank by my sal bly…

JOU lewe is dieselfde… God seën jou met sekere mense, tydens sekere seisoene van jou lewe, om saam met jou ‘n pad te stap… Dis daardie “ekstra” vuurhoutjies wat jy het, om die aanslae van die LEWE af te weer… Of eerder – “when life happens”… Of dit ‘n lewensmaat, ou of meisie, of net vriende is, miskien ‘n kollega by die werk – God sal die “troepe” oftewel die “regte mense” stuur as ons net vra… Prediker 4:12 sê so mooi – “as iemand die een aanval, sal die twee weerstand bied… ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie…” Jesus is die tou wat sal sorg dat NIKS jou sal breek nie… As dit dalk vir jou voel of jy niemand het nie – wees verseker, dat as jy vir Jesus het, het jy alles, en sal NIKS jou kan breek nie… As ons swaakry, moet ons aanhou bid… As dit goed en sleg gaan, moet ons God loof… Want te midde van swaarky, het ons steeds VREK baie om voor dankbaar te wees!!! God sal sorg dat NIKS jou breek nie, as jy aanhou om Hom te vertrou, te bid, en te glo, dat HY jou bewaarder is… Hy sal uitkoms bring – die lig aan die einde van die tonnel, sal LIG vir jou donker situasie wees, en NIE ‘n trein van voor nie :) God sal voorsien…  Dis ALTYD te vroeg om moed op te gee!  NeVeR StOp FiGhTiNg FoR WhAt yOu bEliEvE in, aNd wHaT yOu WaNt!!  Aanhouer wen :)

Hoop jy sal ‘n pragtige daggie hê!

Blessings!

No comments: