Sunday 16 October 2011

“Take chances, make mistakes. That's how you grow. Pain nourishes your courage. You have to fail in order to practice being brave.” ~ Mary Tyler Moore quotes

Haloes! :)


“Take chances, make mistakes. That's how you grow. Pain nourishes your courage. You have to fail in order to practice being brave.” ~ Mary Tyler Moore quotes

Psalm 34:8-9

"Want die Engel van die Here hou wag oor almal wat Hom dien, en Hy red hulle... Beproef en sien dat die Here goed is... Geseend is die persoon wat op Hom vertrou..."

Romeine 8:38-39

"Een ding weet ek vas en seker... Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie... Nie dood of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor more nie; ook nie bo-aardse magte nie..."

"We are given second chances every day of our life... We don't usually take them, but they are there for the taking.." - Andrew M Greely
"Live without pretending, love without depending, listen without defending, speak without offending..." - Drake quotes

Ek dink die meeste meisies het dalk al beleef watse gemors dit is as jy cutex omgooi - op klere, beddegoed, matte, houtvloere... Dis iets wat vlek en vaskleef... Dis iets wat onlangs met my gebeur het - lekker rooi cutex... Baie van julle wonder seker hoekom ek so 'n random storie vertel, maar terwyl ek gesit en sukkel het om dit skoon te kry het daar 2 beelde by my opgekom...

1. As ons vir Jesus aangeneem het, het ons hom vir altyd... Hy sal by jou wees, en deurdat jy Hom in jou lewe het, is jy verander... Mens kan sommer sien dat daar iets anders is aan jou, hoe jy mense hanteer, optree in moeilike situasies of is as niemand kyk nie... Net soos cutex op materiaal sal bly sit, maak nie saak wat jy doen nie, sal Jesus by jou stick maak nie saak wat nie...

2. Die tweede beeld wat ek gekry het, was toe ek die rooi cutex actually skoongekry het van die vloer af... Dit het my weer herinner aan maak nie saak watookal jy al gedoen het, of nog gaan doen nie, deurdat Jesus vir ons gesterf het, het Hy alles wat verkeerd of sleg was in ons lewe kom skoon was... Hy het vir ons 'n clean slate kom gee... Dis ons keuse wat ons met daardie tweede kans wil maak...

Ek weet nie of jy dalk vandag voel of jy totaal en al alleen voel, of dat jy net totaal en al in 'n 'rut' is nie... Dat jou lewe dalk draaie met jou geloop het wat onverstaanbaar is, of wat jy wens jy kan verander... Miskien is daar situasies wat jy anders sou hanteer het of mense wat jy anders sou behandel... Deurdat Jesus vir jou kom sterf het, het Hy alles wat jy nog GAAN verkeerd doen, ook al vergewe... En ELKE dag is 'n geleentheid om oor te begin... En soos die cutex wat nooit uitwas uit klere nie, sal Jesus jou NOOIT verlaat of in die steek laat nie... Jy kan ook verseker wees dat God elke dag, met elke tree wat jy gee, by sal jou wees!!!

Mag jy vandag Jesus se liefde en groot genade ervaar!!

blessings!

No comments: