Monday 10 October 2011

If one dream should fall and break into a thousand pieces, never be afraid to pick one of those pieces up and begin again. ~Flavia Weedn, Flavia and the Dream Maker, © Flavia.com

Haloes! :)


If one dream should fall and break into a thousand pieces, never be afraid to pick one of those pieces up and begin again. ~Flavia Weedn, Flavia and the Dream Maker, © Flavia.com

Openbaring 3:8

“Ek ken jou handel en jou wandel… Kyk, Ek het ‘n geopende deur voor jou gegee en niemand kan dit weer toemaak nie… Al het jy ook net beperkte krag, het jy my boodskap nogtans gehoorsaam en my nie verloën nie…”

Galasiërs 6:9

“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes…”

Difficult things take a long time, impossible things a little longer. ~André A. Jackson

Don't let the fear of the time it will take to accomplish something stand in the way of your doing it. The time will pass anyway; we might just as well put that passing time to the best possible use. ~Earl Nightingale


Wanneer jy ‘n saadjie plant, is die plantjie dadelik sigbaar? Die antwoord is natuurlik NEE! Jy moet seker maak dat die plantjie genoeg sonlig het, goeie grond wat gereeld bemes word, genoeg water, en net genoeg omgee… Ons kyk baie keer vas in die “berg” van die uitdaging wat voor ons lê… Daar is soveel “moontlike obstacles” wat ons al moeg maak voor ons begin het, en somtyds kan lei daartoe dat ons besluit dat dit minder moeite is om eerder nie te begin nie… Drome bly drome, en ons mis baie keer uit op dit wat kon wees… Ek love hierdie aanhalings!! Al hoe jy jou drome gaan waar maak, is om dit na te jaag! Al kom dit dalk nie vinnig nie – byt vas! As ‘n droom in duisend klein stukkies breek, is daar 1000 nuwe geleenthede om na te jaag…

Ek dink ons is so saamgestel dat ons kyk na die “groot mislukking” wanneer ‘n droom nie uitwerk nie, eerder as die GROOT geleenthede (dikwels meer as 1) wat daaruit voortvloei… Goeie dinge vat tyd… My een vriendin het altyd gese - "Good things comes to those who WAIT..." Ek wil byvoeg - "wait on the Lord..." Ek glo dat God op die regte tye, die regte mense en die regte geleenthede na vore bring… Ons moet net nie bang raak of ophou glo wanneer dinge langer neem om te gebeur, as waarop ons gehoop het nie… Solank as wat jy glo en vertrou, sal God deure oopmaak in jou lewe wat GEEN mens sal kan toemaak nie... Deure van finansiele sekurteit, werksekuriteit, liefde, vriende, gesondheid ens... Soos Earl Nightingale hierbo sê – tyd gaan in elk geval verby… Ons kan dit net sowel gebruik om ons drome na te jaag… Wat het jy om te verloor? Ek weet nie of jy dalk al hierdie jaar as ‘n “slegte jaar” afgeskryf het nie? Daar is nog meer as 2 en ‘n halwe maande om ‘n verskil te maak, of om een van jou nuwejaarsvoornems waar te maak… Jy het vandag 'n NUWE dag vol van potensiaal wat voor jou le... Carpe Diem - Gryp die dag! Kutless sing in hulle een liedjie – “impossible is not a word, it’s just an excuse not to try…” Moenie in die woord “impossible” vaskyk nie… Met God aan jou sy is ENIGE IETS moontlik!!

Blessings!

No comments: