Tuesday 11 October 2011

Big shots are only little shots who keep shooting. ~Christopher Morley

haloes! :)


Big shots are only little shots who keep shooting. ~Christopher Morley

Jesaja 40:31

“Maar die wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry… Hulle vlieg soos arende… Hulle sal hardloop en nie moeg word nie… Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie…”

Matteus 11:28

“Kom na my toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra., en Ek sal julle lewens kom verkwik…”

Success seems to be largely a matter of hanging on after others have let go. ~William Feather

“That's the secret to success -- not worrying only about what's going to happen in the future, trying to work only on the stuff you can work on in the present.” ~ Dwight Howard quotes

Vandag se onderwerp laat my aan die storie dink wat aan ons vertel is toe ons sommer nog baie klein was… Van hasie en die skilpad wat mekaar ge”race” het… Dit was nie eers eintlik ‘n kwessie van wie die resies sou wen nie… Hasie was ‘n “sure thing”… Hy was baie vinniger, en ratser as skilpad... Maar langs die pad het hasie die heerlikste wortels teëgekom, en hom trommeldik geëet, en aan die slaap geraak… Skilpad het maar net sy stadige pas volgehou, die hele pad lank, en nie opgegee nie, al het hy moeg geword… Hy het as’t ware hoop tot die einde gehad… En deur net aan te hou – al was dit teen ‘n stadige pas, het hy die “race” gewen…

Die lewe is ook so… Dis nie altyd die vinnigste wat sukses behaal nie, maar die vasbyter… Die een wat 5 minute langer uithou en aanhou as die res… Dis baie maklik om ‘n geveg te verloor al voor die wedstryd begin… Jy is wat jy dink… Ons verloor baie keer teen onsself – nie teen ons “competitors” nie… Jy maak jouself wys dat jy nie slim genoeg, mooi genoeg, maer genoeg is nie… Dat jou finansies te benard is, dat jou werksomstandighede net al hoe slegter gaan word, dat jou siekte net te ver gevorder is… Big shots are only little shots who kept shooting… Jesus het aan ons almal verskillende sterkpunte gegee… En Hy het elkeen van ons UNIEK gemaak… Jy is in staat tot ENIGE iets deur God wat jou die krag sal gee… As jy dalk soos hasie voel op die oomblik – wat moeg is, en net wil gaan lê – laat Jesus toe om jou verder te dra… Soos Hy in Psalm 23 ook vir ons sê – Hy is ons herder, en as ons Hom in beheer stel, sal ons niks kortkom nie… Soos daardie “Voetspore” stukkie ook sê – daar waar ons net een ry voetspore sien, is daar waar Hy ons dra… Saam met Hom sal ons vernuwe word, met nuwe krag hardloop, en sukses behaal… Glo net in jouself – dat JY in staat is om geskiedenis te maak… Om die wêreld te verander… TEN SPYTE van jou omstandighede...  Jy hoef nie 'n "big shot" te wees nie...  Jy moet net nie ophou skiet nie :)  God sal jou voorsien van die krag om aan en uit te hou...

Blessings!

No comments: