Monday 26 May 2014

“You will never have to force anything that is truly meant to be…” ~ Unknown

Haloes! :)

“You will never have to force anything that is truly meant to be…” ~ Unknown

Jeremiah 31:25

“I will refresh the weary and satisfy the faint.”

2 Corinthians 4:16-18 

“So we do not lose heart. Though our outer self is wasting away, our inner self is being renewed day by day. For this light momentary affliction is preparing for us an eternal weight of glory beyond all comparison,  as we look not to the things that are seen but to the things that are unseen. For the things that are seen are transient, but the things that are unseen are eternal…”

“Everything will be okay in the end. If it's not okay, it's not the end.” ― John Lennon

“Have faith that things will work out, maybe not how you planned but how it is meant to be…” ~ Unknown

Ek is seker baie van julle het al die rekenaarspeletjie “Tetris” gespeel?  Dis ‘n speletjie wat vir jou vorms van verskillende groottes gee, en wanneer jy hulle inmekaar laat pas, sodat jy ‘n soliede lyn vorm, kry jy punte daarvoor…  Die lyntjie sal as't ware verdwyn wanneer jy dit perfek laat pas, en met elke "verdwyn" van 'n lyntjie, veroorsaak dit dat jy punte in die sakkie het...  Dit was altyd my doelwit om te sorg dat ek heeltyd die onderste lyntjie heeltyd die vormpies laat pas, sodat die lyntjie heeltyd verdwyn en ek die punte in my sak kon sit en van voor af ‘n nuwe lyntjie kon bou…  Dis wanneer die rekenaar vir jou vormpies uitskop wat GLAD nie “compatible” is wat jy later groot blokke met gate tussen-in het, en jou punte-telling onveranderd bly :)

Baie keer in ons lewe – is daar sekere dinge wat ons baie graag wil hê…  En ons raak ongeduldig wanneer dit voel of God ons nie hoor wanneer ons bid nie…  Ons probeer dan sommer SELF om die dinge te laat “gebeur”!  Wanneer dit dinge is wat nie vir ons bestem is nie – of dit nou nuwe werk, nuwe verhoudings, nuwe avonture, nuwe vriende of nuwe beginne is – is dit baie keer soos ‘n Tetris speletjie…  Waar al die stukke ‘n baie groot blok vol gate vorm…  Ons is nie ten volle gelukkig nie – omdat die dinge wat ons dan in ons lewe het, nie “compatible” met ons is nie…  “Things which are meant to be” – hoef nie geforseer te word nie…  Dit sal wees soos ‘n legkaart waarvan die stukkies sommer net in plek val…  Dit sal beteken dat daar nie effort van jou kant nodig is nie – God sal die dinge net in plek laat val wanneer JY en ook die tyd daarvoor reg is…  Miskien voel jy op die oomblik of jy sit met ‘n lewe vol “gate”…  Dinge wat gebeur het, wat nie regtig pas in jou lewe nie, wat jy nie weet hoe om te “verander” nie…  In James 1:5 staan daar: “If any of you lacks wisdom, you should ask God, who gives generously to all without finding fault, and it will be given to you.”  Miskien voel jy dat jy dinge probeer forseer het omdat jy dit so graag wou hê, en dat jy gesien het dat die nie eintlik vir jou bestem was nie…  Nou weet jy nie hoe om dit reg te stel nie…  Gaan op jou knieë en gee jou lewe / situasie oor aan God…  Hy kan deur die “mure” breek om dinge vir jou te laat uitwerk en in plek te laat val…  Hy kan dinge laat uitwerk – al lyk dinge op die oomblik vir jou deurmekaar!  God SAL sorg!  Dit maak nie saak HOE jy begin nie - dit maak saak HOE jy eindig!!

Blessings!


anelxx

No comments: