Thursday 22 May 2014

gebedsversoeke

Haloe julle!

Bid asb saam met die onderstaande 2 versoeke.

Blessings!

anel

Anoniem 1: 
 
Ek wil vra dat jul asb sal bid vir Durand, ‘n tiener seun wie se ouers geskei is.  Dit gaan glad nie goed met hom nie.  Hy het geen kontak met sy ma nie en hy verlang en mis haar verskriklik.  Sy wil niks met hom te doen hê nie.  Op Moedersdag het hy byvoorbeeld vir haar gebel en sy het die foon doodgedruk.  Dit het hom geweldig geruk.  ‘n Paar dae terug was hy op die punt om ‘n oordosis pille te drink om net ‘n einde aan als te maak.  Ek vra jul om net saam te bid vir hierdie seun, en veral vir sy ma dat sy weer sal terugkeer in sy lewe.  Die liefde van ouers, en veral die van ‘n ma is so belangrik in ons kinders se lewens.  Ek glo en vertrou dat ons Liewe Vader, wat ‘n Vader van Liefde is vir hierdie seun sal help.
 
Anoniem 2:  n gebed versoek vir Nathan hy is 7 en het leukemia! Asb kan ons bid!Sy kanse nie so goed nie..maar met God is dit altyd. Dankie

No comments: