Thursday 22 May 2014

“It often takes the darkness of a storm, to show us the light of God’s presence…” ~ Tony Evans


Haloes! :)

“It often takes the darkness of a storm, to show us the light of God’s presence…” ~ Tony Evans

Proverbs 3:5-6

"Trust in the Lord with all your heart and lean not on your own understanding; in all your ways acknowledge him, and he will make your paths straight..."

Isaiah 43:2

"When you go through deep waters, I will be with you…”

“Because a thing seems difficult for you, do not think it impossible for anyone to accomplish…”~ Marcus Aurelius quotes

“All things are difficult before they are easy…” ~ Thomas Fuller quotes

Het jy al in ‘n hysbak gery, en in jou haas die verkeerde knoppie gedruk?   Of miskien was daar kinders voor jou in die hysbak wat dit goed gedink het om AL die knoppies te druk, dat die hysbak dus op elke vloer stilhou?  Daar is vir my geen groter frustrasie, as jy reeds laat is, en dan nog moet sukkel met stop op ELKE vloer nie…  Die hysbak is egter geprogrammeer om te gaan WAAR hy opdrag kry om te gaan…  So al het jy nie bedoel om die knoppie te druk nie, gaan hy steeds daar stop…  Jy kry seker die idee dat dit onlangs met my gebeur het J…  Dit het my laat dink – somtyds maak ons keuses wat dalk onder druk geneem is,  wat maak dat ons dan op ’n ander plek opeindig as wat ons beplan het…  Of ’n ander uitkoms laat gebeur as dit waarop ons gehoop het…

As jy kyk hoe ’n baba leer loop – hoe kry hy dit reg om regop te bly?  Deur elke keer op te staan wanneer hy val, en weer te probeer…  Wanneer ons die pad van die LEWE kies, is ons gewaarborg van uitdagings wat oor ons pad sal kom…  Die keuse is ONS sin, HOE ons die uitdagings sal aanpak…  Die belangrikste is, dat ons, ons integriteit BEHOU, en optree soos kinders van God – maak nie saak HOE moeilik die omstandighede nie…  ’n Storie wat ek gekyk het, het dit vir my net weereens opnuut bevestig…  Die man in die verhaal was baie arm, en het gesukkel van een kontrakwerk na die volgende…  Hy het ’n vrou en twee kinders gehad, en dit was vir hom baie belangrik om vir hulle ’n goeie lewe te kon gee…  Na ’n baie lang gesukkel het hy toe vir die eerste keer ’n vaste werk, en ’n inkomste wat gehelp het dat hy sy familie kon versorg…  Hy kom toe te staan voor ’n kruispad…  Hy kon ’n promosie kry, en ’n bestuurder word, met nog ’n groter inkomste, SOU hy kies om sy integriteit prys te gee, en oneerlike syfers aan bestuur deur te gee…  Sy vrou was in trane toe hy dit aan haar vertel…  Sy het oor en oor gesê, dat hulle nie kon teruggaan na die swakker lewe nie…  Hy het haar net verseker – God sal sorg…  Hy het nog altyd gesorg, en sal sorg vir uitkoms!  Uiteinde was, die ou het sy integriteit behou, en gesê aan bestuur dat hy nie verkeerde dinge kan doen om ’n promosie te kry nie…  Hulle het aan hom gevra – jy besef dat jy sonder ’n werk kan wees as jy weier om dit te doen?!  Hy het hulle verseker, ja, hy weet…  Maar wat reg is, is reg…  Hy het uit die vergadering gestap met ’n bevordering…  Die bestuur het hom getoets, om te kyk of hy iemand is wat vertrou kan word, en met integriteit sal optree – al gaan dit HOE moeilik…   Al gaan dinge hoe moeilik, God beloon ’n gelowige hart!  Hy beloon die wat vashou aan Sy beloftes, en wat staande bly, in ’n stukkende wereld…  Hy sal jou staande hou – al wat Hy vra is dat jy Sy hand sal neem… 

Ek bid dat jy God se liefde en groot, groot genade in jou lewe sal ervaar!  Hou aan hoop en vertrou op God! Hy sal jou nie in die steek laat nie!!!

Blessings!

Anellixx

No comments: