Tuesday 20 May 2014

“Success comes to those who plan, to those who prepare, to those who are persistent, and those who are willing to endure pain to achieve their goals…” ~ John Hagee Ministries


Haloes! J

“Success comes to those who plan, to those who prepare, to those who are persistent, and those who are willing to endure pain to achieve their goals…” ~ John Hagee Ministries

Matthew 6:31-32

So do not worry, saying, ‘What shall we eat?’ or ‘What shall we drink?’ or ‘What shall we wear?’  For the pagans run after all these things, and your heavenly Father knows that you need them…”

Luke 12:7

Indeed, the very hairs of your head are all numbered. Don’t be afraid; you are worth more than many sparrows…”

“In order to succeed, your desire for success should be greater than your fear of failure…” ~ Bill Cosby

“A successful man is one who can lay a firm foundation with the bricks others have thrown at him…” ~ David Brinkley

Wanneer mens ‘n doelwit stel, is dit sodat jy kan weet dat jy binne ‘n spesifieke tydsverloop, sekere werk sal moet verrig, ten einde die jou doelwit te haal...  90% van die tyd, kos dit groot opoffering ten einde jou doelwitte te bereik, en in die proses, ook jou drome waar te maak…  Vroeg opstaan, lang ure, laat gaan slaap, min tyd vir vriende, en ook gewoonlik min tyd vir die dinge wat jy eintlik sal wil doen…  Maar wanneer jy die tyd, ure, bloedsweet, trane, frustrasie ens ingesit het, is daar NIKS wat opweeg met die feit dat jy jou doel bereik het of jou droom waar gemaak het nie…  Dink gou aan “die groot” dinge in jou lewe…  Oomblikke wat jy jou droom bewaarheid het…  Dis die oomblikke van jou lewe wat vir jou sal uitstaan?  Die oomblikke waarvan jy gewoonlik die dag en datum sal onthou, is die oomblikke wat al daardie EFFORT, die moeite werd gemaak het…

Maar wat nou as die doelwit se tyd gekom, en gegaan het, en jy dalk weens omstandighede in jou lewe dit nog nie kon bereik, of dalk nog nie van jou drome kon bewaarheid nie…  Dan, liewe vriend, of vriendin, wil ek vir jou sê – dis NOG nie te laat nie!  Terwyl jy nog asem in jou longe het, beteken dit dat jy PURPOSE het!  Wanneer jy God se wil, en jou wil "align", deur te bid daaroor, en dan ingestel te wees op dit wat God deur jou wil doen – is daar absoluut GEEN keer aan wat jy en God saam kan bereik nie!  Soos wat die son elke oggend opkom, so is God se genade ook elke dag nuut... Ons het elke dag 'n splinternuwe blaadjie in ons lewensboek, en deur God se genade, kan ons ELKE dag oorbegin en weer probeer...   As dit God se wil is vir jou om sekere doelwitte te bereik, sal Hy jou vul  met afwagting en sal Hy sorg dat die regte deure op die regte tye vir jou oopgaan... God kan daardie ywer, opgewondenheid en motivering vir jou daagliks voorsien...

Geen berg sal vir jou te hoog wees en geen terugslag wat jy mag ervaar, sal jou onderkry nie…  Wanneer jy val, sal God jou laat opstaan, en aan jou die uithouvermoë gee om vas te byt, en deur te druk…  Wanneer jou hand in God s’n is – SAL Hy vir jou sorg!  Waar dinge so onmoontlik lyk, soos toe Jesus meer as 5000 mense kos gegee het met 5 broodjies en 2 vissies – en daar 12 mandjies kos oorgebly het – so SAL Hy vir jou sorg wanneer jy jou geloof en vertroue in Hom stel…  Hy sal jou NOOIT alleen laat nie!  Moenie toelaat dat die woordjie vrees in jou woordeskat bestaan nie…  Jy is tot ALLES in staat deur Hom wat jou die krag gee!

Blessings!

anel xx

No comments: