Thursday 29 May 2014

“An entire sea of water can’t sink a ship unless it gets inside the ship… Similarly, the negativity of the world can’t put you down unless you allow it to get inside you…” ~ Unknown


Haloes! J

“An entire sea of water can’t sink a ship unless it gets inside the ship…  Similarly, the negativity of the world can’t put you down unless you allow it to get inside you…” ~ Unknown

Psalm 32:8

“I will instruct you and teach you in the way you should go; I will counsel you with my eye upon you…”

Psalm 23:4 

“Even though I walk through the valley of the shadow of death, I will fear no evil, for you are with me; your rod and your staff, they comfort me…”

“You are valuable because you exist. Not because of what you do or what you have done, but simply because you are...” – Max Lucado

“Be assured, if you walk with Him and look to Him, and expect help from Him, He will never fail you…” –George Mueller

Ek’t nou die aand met my ma hulle sit en gesels en hulle het my vertel dat toe ons klein was, het jy in die aand na werk huis toe gekom, lekker kos gemaak, by jou bure gekuier, gaan stap of sommer net gesit en gesels…  Daar was nie selfone, internet, laptops of televisie wat jou hele lewe oorgeneem het nie!  Die werk kon jou nie na-ure pla nie, en jy het wanneer jy by die werk weggeloop het “afgeskakel” totdat jy môre weer teruggegaan het…  Ek dink dat dit ‘n baie “gesonder” tyd moes wees as die een waarin ons tans lewe…  Want tegnologie – so GREAT soos wat dit is, is ook ‘n euwel…  Jy is 24 uur ‘n dag aan diens – want jou werkgewer kan dag en nag e-posse stuur, en vir meeste mense kom dit op jou selfoon deur…  Jy skakel dus nooit af nie…  Ek dink ook dat dit ‘n GROOT invloed op ons ingesteldhede is…  Negatiwiteit is aan die orde van die dag…  Ons word omring daarmee…

Maar soos die aanhaling hierbo sê – die see kan slegs ‘n boot laat sink, wanneer die water die boot binnekom…  Miskien is jy vasgevang in ‘n situasie wat jou met GROOT negatiwiteit vul…  Miskien is die negatiwiteit vanweë die feit dat jy geen uitkoms sien nie…  Of miskien het jy mense in jou lewe wat met hulle negatiwiteit dit laat oorvloei in jou lewe in…  Wanneer mens van die oggend tot die aand net negatiewe dinge hoor, is die kans baie goed dat jy later SO ingestel sal wees…  Dat jy eers die negatiewe sal raaksien in ‘n situasie voordat jy die positiewe sal sien…  Negatiwiteit is ‘n keuse…  Ons kan dit toelaat in ons lewe, of ons kan BESLUIT om die positiewe te probeer raaksien…  Om die lig te wees in die donker tye…  Wees die verandering wat jy wil sien in die wêreld J  Want ek belowe jou – as jy INGESTEL is op die GOEIE, sal die GOEIE jou volg…  Ek het dit al voorheen gesê – baie keer vat dit 100 klein goeie dingetjies vir ons om te besluit dat ons ‘n “goeie” dag het, terwyl EEN slegte ding, ons hele goeie dag in ‘n BAIE slegte ene kan verander…  God is BY jou!  Hy sal die dinge wat so deurmekaar voel – uitsorteer, NAMENS jou…  Al wat Hy wil hê is dat ons sal KIES om gelukkig te wees, en elke dag met nuwe moed, hoop en ywer aan te pak!  Kies om positief te wees!  En sorg dat jy sommer ‘n paar mense langs die pad motiveer om dieselfde te doen!

Blessings!


Anel xx

No comments: