Tuesday 27 May 2014

“My unknown future is in the hands of the all-knowing God…” ~ Unknown

Haloes! J

“My unknown future is in the hands of the all-knowing God…” ~ Unknown

Deuteronomy 31:8

“It is the LORD who goes before you. He will be with you; he will not leave you or forsake you. Do not fear or be dismayed.”

Psalm 9:9

“The LORD is a stronghold for the oppressed, a stronghold in times of trouble. And those who know your name put their trust in you, for you, O LORD, have not forsaken those who seek you…”

“You can’t control everything…  Sometimes you just need to relax and have faith that things will work out…  Let go a little and just let life happen…” ~ Kody Kiplinger

“Eventually all the pieces fall into place…  Until then, laugh at the confusion, live for the moment and know everything happens for a reason…” ~ Unknown

Wat is dit wat mens onthou van wat met jou gebeur?  Die dinge wat perfek verloop het of die tye waar dinge maar deurmekaar was, of nie uitgewerk het soos wat jy gedink of gehoop het nie?  Een van my lekkerste toere wat ek gehad het, was die heel eerste ene in Nederland…  5 Suid-Afrikaners, baie braaf op ‘n trein na Brugge (in Belgium)…  Ons was maar skaars 4 weke in die vreemde…  Met ons rugsakke gepak, het ons die pad aangepak…  Die treinkondukteur het ons kaartjies kom check, en het ons gewaarsku dat daar ‘n BAIE kort tyd, van 5 minute was om treine te wissel op Antwerpen.  Ons moes dus paraat wees, en spring sodra ons in Antwerpen aankom, ten einde te verseker dat ons, ons bestemming sal haal…  Ons het TE lekker gesit en gesels, en “gechill” na ‘n baie lang week…  Een van ons vriendinne is badkamer toe, en na die trein ‘n rukkie gestaan het, het ‘n ander meisie uitgeroep – julle, ons is in Antwerpen!  Ons het geskarrel, ekt gehardloop om ons vriendin te gaan roep, en die res het gesê hulle sal ons sakke bring.  Toe ek uiteindelik my vriendin opgespoor het, en ons, ons mede toerlede opspoor, sien ek dat my rugsak nie by my hulle was nie…  AL my goed was in daardie sak…  Ek het soos ‘n pyl uit ‘n boog teruggehardloop na die trein, en met krag van BO die sak van ‘n baie hoë rak afgekry…  Ekt letterlik uit die trein gespring voor hy weggetrek het – anders het ek my op ‘n TOTAAL onbekende bestemming en totaal en al ALLEEN bevind!  Die uiteinde van die saak was dat ons die LAASTE trein Brugge toe gemis het daardie Vrydagaand…  Ons het slaapplek gekry by ‘n hotel by die stasie – maar die herinneringe en stories wat ons het om te vertel na die tyd – is BAIE lekkerder as die toere waar dinge vlot verloop het…  Dis ‘n ondervinding wat ek vir die res van my lewe sal onthou…

Ons is baie keer, baie geneig dat ons opstandig of kwaad raak wanneer dinge anders uitwerk as dit waarop ons gehoop het…  God laat dinge nie met opset “verkeerd” (soos ons dit sal sien) verloop nie…  Ek glo dat alles in die lewe met ‘n spesifieke rede gebeur, en dat dit klein legkaartstukkies is, ten einde die groter prentjie te vorm!!  So hou sommer NOU op om jou te bekommer oor die onbekende – of om die “wat-asse” te “overthink”…  Vat ELKE dag soos dit kom!  En probeer die silwerrandjie raaksien wanneer dinge dalk anders uitwerk as wat jy gehoop of gedroom het…  God het jou “back”…  En Hy sal sorg dat jou lewensstorie, een sal wees om ander mense te inspireer!  Een om hoop aan ander te gee…  Wanneer ons God toelaat om te kies – is ons verseker van die beste!  Hy sal ook die dinge wat vir jou SO onmoontlik lyk, laat uitwerk…  Hy sal dinge SO laat gebeur, sodat dit alles deel vorm van die groter prentjie – een waarmee jy sal kan “afshow” J  Hy het jou baie lief!  En Hy wil NET die beste vir jou hê…  Partykeer is dit dinge, wat 100 keer beter is, as wat jy vir jouself gun!  Moenie worry wanneer dinge nie uitwerk soos jy dit haarfyn beplan het nie…  God is in beheer J

Blessings!


anelxx

No comments: