Haloes!
J
“You never know how strong you are, until being strong is
the only choice you have…” ~ Unknown
James 1:12
“Blessed
is the man who perseveres under trial, because when he has stood the test, he
will receive the crown of life that God has promised to those who love him…”
Proverbs 3:5-6
“Trust
in the LORD with all your heart and lean not on your own understanding; in all
your ways acknowledge him, and he will make your paths straight…”
“Take every chance
you get in life, because some things only happens once…” ~ Unknown
“The perfect day –
going to bed with a dream, and waking up with a purpose…” ~ Unknown
Wanneer
moeilike tye, of uitdagings oor ons pad kom, is dit BAIE maklik om in
ONMOONTLIKHEID vas te kyk… Die onmoontlikheid is baie keer soos ‘n
“klamp” op jou motor se wiele, wat jou sal verhoed om enigsins te kan
beweeg… Die naweek was behoorlike bewys dat Winter in VOLLE fors in die
Kaap is… Van storm reën, tot hael, tot donderweer het als op een dag
plaasgevind… Sulke dae is dit makliker om net nie op die pad te wees
nie… Deur dit te doen, beskerm jy jouself teen enige moontlike
gevaar… Wanneer jy in jou motor is, in sulke
weersomstandighede, kan jy BAIE maklik beheer oor jou motor verloor wanneer jou
volle aandag en fokus nie op die pad is wat jy afgele moet word nie…
As ek ons
lewens moet vergelyk met so ‘n stormagtige dag, dink ek dat wanneer storm,
wolkbreuke, hael, en donderweer oor ons lewenspad kom, raak ons SO gefokus op
die elemente (ons verkyk onsself aan die hael, donderweer en swaar reënval),
dat ons nie meer die pad raaksien wat ons moet stap nie… Die PAD, is
STEEDS dieselfde, die elemente maak dit net bietjie meer uitdagend…
En wanneer Jesus ons Hemelse Pappa en Verlosser is, SAL HY SELF die bestuurder
van ons lewensmotor wees… Al wat Hy vra is dat jy aan Hom die leisels sal
oorgee, jou hand in Syne sal plaas en die moeilike pad saam met Hom sal
stap… Jy hoef NOOIT ALLEEN te voel, of ALLEEN te stap nie… Jesus is
ALTYD met jou… ‘n Mooi beeld vir my, is dat Jesus soos jou skaduwee
is… Jy sien Hom dalk nie altyd wanneer dit donker is nie, maar jy kan
weet dat HY ALTYD by jou is… Sodra die lig aangeskakel word, sal jy jou
skaduwee sien… Soos wat ons bid, en vertrou op Jesus, SAL Hy sorg vir die
REGTE deurbrake in jou lewe, op die REGTE tyd…
Daar is
vandag NIKS wat jy hoef te vrees nie – want jy het vir Jesus… Moenie dat
die “ELEMENTE” van ‘n situasie, maak dat jy fokus verloor van die groter
prentjie of doel vir jou lewe nie… Of moenie dat die elemente jou weerhou
om te word of te bereik wat God jou bestem het om te wees nie… Hou jou oë
gevestig op God en die pad wat jy moet stap… Hy sal die groot en
klein goed in plek laat val! Sodra die tyd daarvoor reg is...
Moenie moed verloor wanneer dit dalk langer neem as wat jy gedink of
gehoop het nie...
Blessings!
anel xx
No comments:
Post a Comment