Monday 5 May 2014

“There are only two options regarding commitment. You’re either in or out. There’s no such thing as a life in-between…” - Pat Riley


Haloes! J 

“There are only two options regarding commitment. You’re either in or out. There’s no such thing as a life in-between…” - Pat Riley

Psalm 46:1-3

“God is our refuge and strength, an ever-present help in trouble.  Therefore we will not fear, though the earth give way and the mountains fall into the heart of the sea,  though its waters roar and foam and the mountains quake with their surging. "Selah"…”

1 Peter 5:7

“Cast all your anxiety on him because he cares for you…” 

"If you don’t invest very much, then defeat doesn’t hurt very much and winning is not very exciting…" - Dick Vermeil
 
“There’s a difference between interest and commitment. When you’re interested in doing something, you do it only when circumstance permit. When you’re committed to something, you accept no excuses, only results…” - Unknown

Is jy in, of is jy uit?  As jy ‘n besluit geneem het, sien jy dit deur, of kies jy partykeer die maklike “agterdeur” as ’n uitweg?  Commitment…  Dis ’n onderwerp wat my baie na aan die hart lê…  “When the going get’s tough…” Wanneer dinge nie maanskyn en rose is nie, of nie loop soos beplan nie…  Druk jy deur, en bly jy “committed” aan jou doelwit?  Aan jou projek?  Aan jou verhouding?  Aan jou huweliksmaat?  Of nog meer algemeen…  Is jy iemand van jou woord?  Iemand op wie mense kan staatmaak?  Of belowe jy te maklik, en trek dan later kop uit? 

Die lewe is nie “straight forward” en loop nie altyd soos wat mens hoop, of beplan nie…  Wat mens deurtrek op die einde, is of jy WEET in WIE jou geloof gewortel is…  Want as God jou basis is, kan jy nie bly lê wanneer moeilikheid oor jou pad kom nie – jy sal ‘n “soft landing” tot in Sy arms hê, en Hy sal jou optel wanneer jy val…  Ons commitment aan God en aan mekaar, is wat aan ons karakter gee…  Die storie van die slawe aan wie sy eienaar geld gegee het om mee te woeker (In Lukas 19), sluit vir my mooi hierby aan…  Twee van die slawe het gaan woeker met die geld, en dit nog meer gemaak en die derde het die geld gaan wegbêre tot sy eienaar terugkom, en dit netso aan hom teruggegee…  Die twee wat gaan woeker het, was COMMITTED om ’n verskil te maak, en hul drome na te jaag…  Hulle sou nie opgee nie…  As hulle die geld verloor het, sou hulle ten minste kon rus in die wete, hulle het probeer, hul  bes gegee, en alles gedoen wat hulle kon…   Die derde, wou net nie die kans vat nie, was BANG vir verwerping, vir verloor, vir onsusksesvol wees…

Hoe baie is ons nie PRESIES soos hierdie derde slaaf nie…  Ons wil nie commit tot ons drome, doelwitte, werke, skoolwerk, swotwerk, vriende, verhoudings, huweliksmaats ens nie, omdat ons bang is ons kry seer in die proses of nog erger, "wat as ons misluk"…  Dick Vermeil se aanhaling is GOUD…  As ons nie baie van onsself insit nie, sal dit nie baie erg wees wanneer ons verloor nie (omdat daar nie baie op die spel is nie), maar wanneer ons wen, sal dit ook nie regtig iets wees om huis toe te skryf nie – omdat ons nie ten volle probeer het nie…  Opgee, of QUIT, moenie eers in ons woordeskat bestaan wanneer ons dinge aanpak nie…  Jy het vir God aan jou kant – die Koning van die Heelal!  Met Hom, is daar GEEN LIMIET op tot wat jy in staat is, deur Sy krag en genade wat deur jou werk nie…  Daar moenie ’n moontlike agterdeur wees wat oopgemaak kan word nie…  As Christene, moet ons woord, ons woord wees…  Selfs in die klein dingetjies, soos om ’n afspraak na te kom wanneer ons gesê het ons sal daar wees…  As mens getrou is in die klein dingetjies, kan jy getrou wees in die groot dinge…  As mens nie eens die klein dingetjies kan doen met groot liefde nie, hoe gaan ons dit regkry om getrou te wees in die groot goed?  Want as ons Jesus se hande en voete op aarde wil wees, moet ons bereid wees, om COMMITTED tot God se woord te wees, deur LIEFDE te leef…  Liefde aan God, en liefde aan mekaar…  God is GROTER, as jou week wat voor jou lê…  Hy is groter as daardie uitdagings wat jou bors laat toetrek…  Vat ‘n “leap of faith”, wees committed aan die dinge wat jy aanpak, die mense in jou lewe en VERTROU GOD!  Hy sal jou NIE teleurstel nie… Tikkie inspirasie vir jou wat dit nodig het:  Isaiah 41:13: For I am the LORD, your God, who takes hold of your right hand and says to you, Do not fear; I will help you.

Blessings!
Anelli**

No comments: