Haloes! J
“The greater the obstacle, the more glory in
overcoming it…” ~ Moliere
Psalm 115:11-13
“Julle almal wat die Here dien, vertrou op die
Here! Hy is julle helper, Hy is julle skild… Die Here dink aan ons
en seën ons… Hy seën die volk van Israel, Hy seën die huis van
Aäron… Hy seën hulle wat die Here dien, sowel klein as groot…”
Deuternomium
31:6
“Wees sterk en hou moed! Moenie vir hulle
bang wees nie! Die Here julle God sal met julle
wees… Hy sal julle nie in die steek laat nie,
julle nie verlaat nie…”
“Though
no-one can go back and make a brand new start, anyone can start from now and
make a brand new end…” ~ Author Unknown
“Two things define you… Your patience when
you have nothing and your attitude when you have everything…” ~ Unknown
Daar staan geskrywe in Ephesians 3:20 – “Now to Him
who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to
his power that is at work within us, to Him be the glory in the church and in
Christ Jesus throughout all generations, for ever and ever! Amen… Dis
‘n vers wat my deur ENIGE iets kry… Ek is seker elkeen van julle het al
iets verloor wat vir julle kosbaar was… Of dit nou ‘n geskenk was, of
vriende, finansiële sekuriteit, gesondheid, werk, ‘n geliefde? – die feit van die
saak bly staan – dis nooit maklik nie… En elkeen hanteer verlies
anderste… Partykeer besef mens eers die waarde van iets wanneer jy dit
verloor het…
Ek dink dat wanneer ons iets verloor – is die
eerste vraag wat by mens opkom – “hoekom laat God dit toe in my lewe?!”
En as jy nou dink – sê my Anel! Gee my die antwoord oor HOEKOM!?!
Moet ek jou teleurstel vandag – want ek weet self nie J Wat ek wel weet is dat wanneer mens deur groot verlies gaan in
jou lewe – dit jou oë oopmaak vir dit wat werklik belangrik is… Dit laat
jou waardeer wat jy het, en baie keer laat dit jou meer voluit lewe… Ek
dink wanneer ons net bestaan, en van dag tot dag voortgaan, verloor mens baie
keer perspektief met waaroor die lewe eintlik gaan… Ons stel uit, ons
maak mense seer, omdat ons dink dat daar nog baie tyd sal wees om reg te maak,
tyd te maak…
Verlies laat my dink aan die gelykenis van die
verlore muntstuk… Die vroutjie wat die muntstuk verloor het, en die huis
omgekeer het totdat sy dit weer gevind het! Sy het aanhou soek, en God
het voorsien… Dis my boodskap vandag vir jou met wanneer dinge nie loop
soos wat jy dit beplan het nie – hou aan soek vir God… God sal
voorsien… Hy sal die dinge wat so deurmekaar is, weer in plek laat
val… Wanneer die tyd reg is… En soos een van my vorige dominees
altyd gesê het – Hy sal jou verleentheid omskep in ‘n geleentheid… Uit
jou moeilikheid, sal seën voortvloei… Hy wil jou gebruik, as ‘n Lig vir die
Koninkryk , sodat verandering in ANDER se lewens, deur JOU storie, kan
plaasvind!
Blessings!
Anelli**
No comments:
Post a Comment