Sunday 11 May 2014

“Making a big life change is pretty scary… But you know what is even scarier? REGRET…” ~ Unknown

Haloes! J
 
“Making a big life change is pretty scary…  But you know what is even scarier?  REGRET…” ~ Unknown
 
Psalm 139:13
 
“For you created my inmost being…  You knit me together in my mother’s womb…”
 
Revelation 3:20
“Here I am! I stand at the door and knock.  If any of you hears my voice and opens the door, I will come in and eat with you. And you will eat with me…”

“I am strong, because I have been weak…  I am fearless, because I have been afraid…  I am wise because I have been foolish…” ~ Unknown
 
“There is no giant step that does it, it is a lot of little steps…” ~ Peter A Cohen

Ek het so twee uur laasnag wakker geskrik van 'n geklop... 'n Aanhoudende geklop...  Buite het 'n storm gewoed en ek het onmiddelik geweet dis die sonsambreel wat teen die braai tik as gevolg van die wind.  Wawydwakker met die geklop wat nie opgehou het nie, het dit my laat dink aan Jesus wat by die deur staan en klop.  Party van ons maak gou oop en nooi die Meester binne, maak nie saak hoe ons 'huise' lyk nie. Solank Hy net binne kom en aan ons Sy genade en vrede gee.  Om daardie rustigheid wat alle verstand te bowe gaan te ervaar, omdat ons nie sonder Hom kan leef nie.  Hy loop elke dag 'n pad saam met ons! Hy verlaat ons nooit en ons hou vas aan Sy Woord en beloftes. Van ons is egter weer meer begaan oor hoe ons 'huis' lyk en dink verskonings uit om nie oop te maak nie. 'My huis is te klein, Here!' of, 'My huis is te deurmekaar, Here!' Ek wil jou vanoggend die versekering kom gee, dat die Here jou lief het net soos jy is!!!  Klein, groot, netjies, deurmekaar, voorbeeldig, 'n emosionele wrak, 'n verslaafde, 'n gebrokene ...   God het Jesus vir ALMAL na die aarde gestuur, nie net vir sekeres nie.  Hy het jou reeds 2000 jaar gelede vergewe, deur te betaal met Sy lewe aan ‘n houtkruis…  So wanneer jy daardie klop hoor, maak oop en verwelkom Jesus in jou 'huis' (hart) maak nie saak hoe dit lyk nie. Vir God maak dit nie saak nie... Wat wel saak maak is dat jy oop maak!
 
Ek weet nie hoe jou lewe vandag lyk nie…  Miskien voel dit of jy jouself in ‘n absolute doodloopstraat bevind…  Miskien voel dit vir jou asof jy op een plek bly draf, en maak nie saak hoe ver jy hardloop nie, jy bevind jouself steeds op dieselfde spot…  Miskien voel jy so stukkend, as gevolg van ‘n gebroke verhouding, of verslawing, pyn, depressie, finansiele moeilikheid of eindelose bekommernis wat net nie weggaan nie…  Jesus staan vandag by jou hart se deur…  Hy is net ‘n gebed ver…  Maak nie saak WAT jou probleem is nie – Jesus is die antwoord…  Hy sal sorg dat die dinge in plek val, en dat jy sal ontvang wat jy nodig het, WANNEER jy dit nodig het…  Miskien het jy nou vir ‘n tyd lank al bietjie ver van God af gelewe, vanwee al hierdie dinge wat jou so oneindig tap van krag…  Jesus is STEEDS lief vir jou!  Hy wag net dat jy met Hom sal praat, en dat jy jou lewe terug in Sy hande sal sit…   Hy SAL sorg…  Hy sal jou kom vul met nuwe krag vandag, sodat jy sal kan hardloop en nie moeg word nie (Jesaja 40:31).
 
Mag jy ‘n BAIE geseende week he!
 
Blessings!

Anel xx

No comments: