Thursday 15 May 2014

“We have to pray with our eyes on God, not on the difficulties…” ~ Oswald Chambers


Haloes! J
“We have to pray with our eyes on God, not on the difficulties…” ~ Oswald Chambers

Ecclesiastes 4:9-12

Two are better than one, because they have a good return for their labor: If either of them falls down, one can help the other up.  But pity anyone who falls and has no one to help them up. Also, if two lie down together, they will keep warm.  But how can one keep warm alone? Though one may be overpowered, two can defend themselves.  A cord of three strands is not quickly broken…”

Matthew 18:19-20


"Again, I tell you that if two of you on earth agree about anything you ask for, it will be done for you by my Father in heaven.  For where two or three come together in my name, there am I with them."

“Many people pray as if God is a big aspirin pill; they come only when they hurt…” B. Graham Dienert
“The more you pray, the less you'll panic. The more you worship, the less you worry. You'll feel more patient and less pressured.” ― Rick Warren

Ek weet nie wie van julle al vrot van die griep was nie?  Of miskien het jy al gesit met ’n migraine vir dae, wat net nie wou weg gaan nie…  As ’n mens nie die regte medikasie kry nie, is die kans baie goed dat jy nie gaan beter word nie…   Wat die dokter gewoonlik vir siekwees sal voorskryf is: Baie rus, vloeistof, gesonde kos en die regte medikasie…  As jy die dokter se raad gaan volg, is die kans baie goed dat jy vinnig weer op die been sal wees!  Maar as jy nie gaan luister nie, in die koue buitentoe gaan, gemors-kos eet, en jouself aanhou uitput met bekommernisse en stress, gaan dit net SOVEEL langer vat om gesond te raak…
Baie keer sien ons, ons gebedslyn na God as ’n noodlyn, en nie ’n lewenslyn nie…  Hierdie aanhaling was vir my SO ’n waarheid!  Ons probeer baie keer so in beheer wees oor ons lewens…  Ons hou probeer al die balle in die lug hou – jou werk, jou gesin, jou verhoudings, finansies, siekte, liefde, hartseer, pyn ens…  Ons vergeet partykeer dat ons kan neerkniel en met God kan praat oor ALLES wat aan die gang is…  Gewoonlik wanneer dinge goed gaan, vergeet ons om te bid…  Maar wanneer die seer en pyn en stress oorneem in ons lewens, onthou ons dat God daar is, en baie keer is dit ons “laaste lyn”, wanneer ons nie meer moed het, of enige idee het waarheen volgende nie…  God is jou LIFELINE…  Hy gee jou die LEWE,  ELKE oggend as ’n nuwe geskenk…  Hy is jou PHONE a FRIEND enige tyd van die dag of nag…  En Iemand op wie jy ALTYD EN VIR EWIG kan reken!  Hy sal dinge laat uitwerk…  Wanneer mens voel of die wêreld op jou skouers rus, en jy daarmee neerkniel,  vul God jou baie keer met NUWE krag, en kom sit Hy daardie rustigheid in jou hart sodat jy met nuwe moed kan wakker word, en elke nuwe dag, met hernude krag, en nuwe “fight” kan aanvat…  God is vir jou…  Hy het jou “back”…  Soos ’n dokter daagliks sy pasiënte ondersoek, en daar “dokter / pasiënt” vertroue is – so is God daagliks daar vir jou…  Hy sal jou bekommernisse minder maak, jou laste van jou skouers af lig, en dit aan niemand oorvertel nie…  Soos Psalm 23 sê:  “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my…  In U hande is ek veilig…”

Vertrou God – DAAGLIKS…  Ek het al gevind dat as jy jou dag begin deur ’n gesprek met God, en Hom afsluit met Hom – ervaar jy Hom deurentyd…  Jy vergeet dan nie HOEKOM jy EINTLIK hier is nie – selfs al gebeur daar dinge wat jy nie kan verstaan of verklaar nie…  Die lewe moet ongelukkig vorentoe geleef word, maar agtertoe verstaan word…  God het jou lief – Hy is jou LEWENSLYN…  Elke dag!

Blessings!
Anelli**

 

No comments: