Thursday 1 May 2014

“When you find your path, you must not be afraid. You need to have sufficient courage to make mistakes. Disappointment, defeat, and despair are the tools God uses to show us the way.” ― Paulo Coelho, Brida


Haloes! :)

“When you find your path, you must not be afraid. You need to have sufficient courage to make mistakes. Disappointment, defeat, and despair are the tools God uses to show us the way.” ― Paulo Coelho, Brida

John 14:13

“And I will do anything you ask in my name. Then the Son will bring glory to the Father.

Isaiah 43:1-4

“Do not be afraid.  I will set you free.  I will send for you by name.  You belong to me.  You will pass through deep waters.   But I will be with you. You will pass through the rivers.  But their waters will not sweep over you. You will walk through fire.  But you will not be burned. The flames will not harm you.  I am the Lord your God.  I am the Holy One of Israel. I am the one who saves you. I will give up Egypt to set you free. I will give up Cush and Seba for you. You are priceless to me. I love you and honor you.  So I will trade other people for you.  I will give up other nations to save your lives..."

"Mag ons na elke teleurstelling 'n vars rede vind om te hoop..."  ¬ Aleksander Solzjenitsin

"Teleurstellings het op hulle eie geen positiewe of negatiewe uitwerking nie...  Dis deur ons reaksie op teleurstellings dat ons aan hulle positiewe of negatiewe krag gee...  Twee verskillende mense, kan dieselfde teleurstelling met 'n totaal verskillende uitkoms ervaar...  Dis hoe ons die terugslae in ons lewe hanteer, wat bepaal hoe suksesvol ons is..."  ¬ John C Maxwell

Hoe baie gebeur dit nie, dat ons 'n ONGELOOFLIKE verwagting het, en dat ons planne dan op 'n TOTALE teenoorgestelde manier uitwerk as wat ons gehoop of beplan het...  Dis glad nie lekker, as dit waarvoor jy gehoop het, en oor gedroom het, nie realiseer nie...  Veral as jy laaaaaank daarvoor gebid het, en God vertrou het daarvoor...  Mens kan baie keer voel dat God jou verlaat het; in die steek gelaat het of selfs teleurgestel het...  Tog - John C Maxwell se quote slaan vir my die spyker op die kop...  Dis HOE ons teleurstelling hanteer, wat die deurslag in ons lewens gaan gee...  Dit wat ons voel, vloei deur na hoe ons optree en die mense rondom ons behandel…

Dit beteken NIE, dat jy nie mag hartseer wees wanneer dinge nie gaan soos wat jy wou gehad het nie!  Jy MAG hartseer, down in the dumps of depressed voel...  Watter woord vir jou ook al werk:).   Ek gee myself altyd 'n "rou - tydperk", waarin ek myself toelaat om down te voel, en sommer net te “sulk”...  Die geheim is net - beperk daardie "sulk periode"...  Sê – vir die volgende naweek, gaan ek hartseer wees, en dit uit my sisteem kry...  Probeer dan vanaf die Maandag, jou kop weer optel, en begin "retaliate" (terugveg)...  Dink vir jou 'n plan van aksie uit oor HOE jy die “spesifieke iets in jou lewe”, met rondte nommer 2 gaan benader en uitklop...  Moenie tou opgooi wanneer jy sukkel met iets, en die eerste probeerslag dalk ‘n mislukking was nie…  VEG TERUG!  Dis nie verby voor die eindfluitjie blaas nie, so moenie ophou speel voor die einde aanbreek nie!  Jou situasie kan dalk vir jou soos die einde lyk – maar dis dalk God se manier om ‘n nuwe begin in jou lewe te bewerkstellig…  Ek het geleer toe ek klein was, probeer is die beste geweer!  :)  en dis die waarheid!  Die wêreld het meer mense nodig wat bereid is om te baklei vir dit wat hulle wil hê…  Glo in jouself, en Glo in jou GOD se vermoë…  “Even if you are not able – your God is MORE THAN ABLE…”  God sal wel jou getroue hart beloon…  Hy sal SAL jou help om deurbrake te beleef - wanneer die tyd daarvoor reg is... Hy sal jou NOOIT in die steek laat nie...

Blessings!

anelli**

No comments: