Sunday 25 May 2014

“Life without God is like an unsharpened pencil – it has no point…” ~ Unknown

Haloes! J

“Life without God is like an unsharpened pencil – it has no point…” ~ Unknown

Psalm 23:3

“He refreshes my soul. He guides me along the right paths for his name’s sake…”

Deuteronomy 31:6

“Be strong and courageous. Do not fear or be in dread of them, for it is the LORD your God who goes with you. He will not leave you or forsake you.”

“'n Klein dogtertjie in Amerika het haar spaarbussie leeggemaak en afgesit na die apteek op die hoek van die straat. "meneer," sé sy vir die apteker. "Ek wil graag met u praat oor my broer. Hy is baie siek en ek wil graag 'n wonderwerk koop." Sy sit al die geld uit haar bussie op die toonbank neer. "sé weer?" vra die verbaasde apteker. "My broer is baie siek,"verduidelik sy. "Sy naam is Andrew en my pa sé daar groei 'n slegte ding in sy brein en net 'n wonderwerk kan hom nog red, Hoeveel kos 'n
wonderwerk?" Die apteker kyk na die dogtertjie en kry haar jammer. "My kind," sé hy. "Ek kan jou
nie help nie. Ons verkoop nie wonderwerke nie.""Sal dit help as ek nog geld bring?" vra sy teleurgesteld. Toe kom die apteker se broer nader. "Watter soort wonderwerk het jou boetie
nodig?" vra hy. Met trane in haar oé sé sy: "Ek weet nie eintlik nie. Ek weet net my broer is baie,
baie siek en mamma sé ons het nie geld vir 'n operasie nie. Maar ek het gedink ek kan met my
spaargeld die wonderwerk kom koop waarvan Pappa gepraat het." "Hoeveel geld het jy?" vra
die vreemdeling. Sy wys na die munte op die toonbank. Hy tel dit en sé:" een dollar en elf sent.
Dis nou toevallig! Dis presies hoeveel 'n mens nodig het as jy 'n wonderwerk vir 'n seuntjie wil
koop." Hy neem die geld en vat haar handjie. "Neem my na julle huis toe," sé hy. "Ek wil graag
jou broer sien en ook jou ouers ontmoet. Ek dink ek kan help met die wonderwerk." Die man was
dr Carlton Armstrong, 'n neurochirurg. Hy het die operasie verniet gedoen en Tess se broer het
gesond geword. Nou weet jy ook hoeveel 'n wonderwerk kos, nie waar nie? Een dollar en elf
sent, PLUS 'N SAK VOL # GELOOF !!!!!!!!!!!! (Jakobus 5:15) Here, laat ons nooit U wonderwerkende krag onderskat nie. As dit U wil is, kan U enige iets laat gebeur !!!! Amen…” ~ Forward boodskap

Ek onthou toe ek in die Laerskool was en ons met potlode moes skryf…  Met ‘n stomp potlood smeer mens baie keer net jou bladsy vuil J  Een van die mees frustrerendste dinge wat ek onthou, is wanneer jy gedruk is vir tyd (soos wanneer jy toets skryf), en jy die potlood punt in die gejaagdheid mors-af breek…  Want, dit vat TYD om daardie punt weer skerp te kry, om jou in staat te stel om verder te kan skryf daarmee…  En as jy hom weer TE skerp maak, loop jy weer die gevaar om die punt te breek!

In ons lewens is dit dieselfde J  Ons raak partykeer so vasgevang in die gejaagdheid van die lewe, dat ons afgestomp raak…  Afgestomp van ons vriende, afgestomp van ons geliefdes, en soms raak ons verhouding met God ook “stomp”…  Ons bietjie tyd wat ons het, spandeer ons aan die ellelange lyste dinge wat gedoen moet word…  Ons is konstant moeg, en uitgeput…  En daar is NIKS wat ons battery weer gelaai kry nie…  Die aanhaling hierbo is vir my PRICELESS!  Want, ‘n lewe sonder God, het geen punt nie…  Ek weet nie waaraan ‘n mens vashou, met wie jy gesels as jy bang is, of waar jy jou rustigheid en versekering vandaan sal kry dat alles op die ou end ten goede sal meewerk nie…  God het jou oneindig baie lief!  Miskien is jou potlood “stomp” of het die lewe jou ‘n paar houe toegedien, sodat jou “punt” heeltemal afgebreek het…  Deur saam met God te stap, sal Hy jou “restore”…  Hy sal nuwe lood in jou potlood kom sit, en Hy sal sorg dat jy sal “skerp” bly, wanneer jy op jou knieë bly, met Hom in beheer van jou lewe se stuurwiel…  Hy sal Isaiah 40:31 kom waar maak vir jou lewe - “but those who hope in the LORD will renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they will walk and not be faint…” God is net ‘n gebed ver…  Soos Sy wonderwerkende krag in hierdie storie vir ons duidelik is, so kan dit ook in jou lewe 'n werklikheid word...  Moenie die dinge wat die week oor jou pad mag kom vrees nie…  Jou God, is die Koning van die Heelal, en Hy het jou oneindig baie lief…  Hy sal by jou wees, met elke tree wat jy die week moet gee!

Blessings!


Anel xx

No comments: