Sunday 18 May 2014

“Anytime you don’t know what to do, or how to do it, remember, God does…” ~ Victoria Osteen


Haloes! J

“Anytime you don’t know what to do, or how to do it, remember, God does…” ~ Victoria Osteen

Matthew 29:28-29

“When Jesus went indoors, the blind men came to him. He asked them, “Do you believe that I can do this?”  “Yes, Lord,” they replied. Then he touched their eyes. He said, “It will happen to you just as you believed...”

Psalm 16:11

“You always show me the path that leads to life. You will fill me with joy when I am with you. You will give me endless pleasures at your right hand…”

“I think that God gives you your own will and choices. I don't believe that we're supposed to drag ourselves through life defeated and not see God's blessings. But you have to make the right choices and follow that still, small voice within you. Because I think that's how God leads us…” ~ Joel Osteen

“Patience is not the ability to wait but the ability to keep a good attitude while waiting.” ― Joyce Meyer

Die definisie van “Patience” is: The capacity to accept or tolerate delay, problems, or suffering without becoming annoyed or anxious…”  ‘n Goeie voorbeeld hiervan het die naweek sommer oor my pad gekom…  Ons geduld word sommer behoorlik getoets wanneer ons bestuur – en ‘n motor nie kan wegkom nie, ons in verkeer of ‘n ellelange ry van motors moet staan en WAG of wanneer ons by ‘n winkelsentrum ‘n parkeerplek soek, en iemand dit DURF waag om ‘n poging aan te wend om jou parkeerplek te vat!  Daar was die naweek iemand voor my, wat niksvermoedend haar flikkerlig aangeskakel het om in te draai by ‘n parkeerplek wat aan die “oopgaan” was…  ‘n Ander motor, wat om ‘n hoek staan en wag het (wat mens nie kon sien nie), het dit VERLOOR, deur op die toeter te druk, te skel en wilde seine te wys aan die arme persoon voor my… TYD, iets wat ons nie het om aan geduld te spandeer nie…  Ons raak bakleierig oor iets soos ‘n parkeerplek, en hierdie “gebeurtenis” sal dan sommer jou hele dag ‘n negatiewe kleurtjie gee…

Op ons lewenspad, is daar BAIE keer tye wat ons probleme sal moet face…  Daar sal tye wees waar ons planne “onder konstruksie” sal wees, en tye wat ons ‘n detour sal moet vat, weens die feit dat die paaie waarop ons “travel” gesluit is…  Deure van geleentheid sal toemaak, maar daar sal altyd ander wees wat in hulle plek oopmaak…  Die geheim is, dat ons nie gespanne, bang of geïriteerd sal word wanneer dinge dalk nie uitwerk soos dit moet nie…  Dit sal die tye wees wat van ons sal vereis, om te bid en ons hoop en vertroue in God te stel…  Dat ons geanker sal staan in ons geloof – en alhoewel mens nie kan sien nie – dat jy sal vertrou dat God dinge ten goede vir jou sal laat meewerk…  Want soos Hy in Sy woord belowe: Jeremiah 29:11 en Romans 8:28 – jy is Sy kind, en Hy het jou oneindig baie lief…  Hy sal dinge in plek laat val, en vir jou op die regte tyd, op die regte plek hê, sodat jy die ultimate seën in jou lewe sal kan ervaar…  Dis nie maklik om te wag nie…  Veral nie as daar iets is wat jy baie graag wil hê nie…  Of as dit iets is wat jy voel jy HIER EN NOU nodig het nie…  Daardie keuses waarmee jy so worstel – moenie op mense vertrou om besluite namens jou te neem nie…  BID, en wag op God tot HY aan jou die rustigheid in jou hart gee, oor wat jy moet doen…  Hy is saam met jou in die “ding” (“die lewe”).  Hy sal jou nie teleurstel deur halfpad deur kop uit te trek, of jou alleen te los nie…  Hy is met ELKE tree wat jy gee, aan jou sy…  Hy is in jou hoekie, en Hy is VOL vertroue oor jou vermoëns…  Hy BACK jou – maak nie saak wat nie… Hy weet WAT Hy vir jou beplan, en HY weet wat in jou toekoms is…  VERTROU, GLO en HOOP…  Hy sal jou NIE teleurstel nie…  Gee daardie besluite oor in God se hand – Hy.Sal.Sorg…

Blessings!

Anel xx

No comments: