Tuesday 6 May 2014

Winter-warmte-projek :)

Hi julle!:)
 
Soos julle kan voel is die winter weer OM die draai!  Ek en my ma het gesels, en dit druk hard op ons harte om 'n Winter-warmte-projek te loots :)...  Iets waarmee ons daagliks gekonfronteer word in SA is mense wat swaarkry...  En alhoewel ek weet dat mens nie ALMAL kan help nie, glo ek ons kan wel 'n verskil in IEMAND se lewe maak...
 
Lavis Rylaan Primer is 'n skool wat my baie na aan die hart le...  Hulle het 'n skoolhoof wat haar Christelike beginsels uitleef, en onderwysers wat met passie skoolgee...  Elkeen van hulle het die kinders daar lief asof dit hul eie kinders is...  Sien gou die volgende "getuigskrif" van die skool:
 
"If pupils came to school hungry, they would get food. If they arrived dirty, they would be given soap and water. If a child came to school without shoes, a teacher would pay for a new pair out of her small salary..."
 
Ekt gister met die skoolhoof van Lavis Rylaan Primer gesels en daar is definitief behoefte aan winter-warm items...  Ons gaan poog om truie, windbreakers en skoene in te samel vir die kinders.  Die hoof gaan vir my klaslyste deurstuur met groottes, en kinders se name.  Ek sal dan deurgee - kleur trui, windbreaker en skoene ens.  Jy kan dus 'n kind "adopt" - vir wie jy dan 'n trui of skoene of 'n windbreaker kan bydra.
 
Wanneer:
 
Ons gaan poog om die items te lewer met die begin van die 3e kwartaal.  Dit gee ons dus amper 2 maande - van vandag, tot einde Junie om te woeker.
 
As jy wil betrokke raak:
 
1. Stuur asb vir my jou naam deur - dan sal ek sorg dat jy op die korrespondensie lys bly.
2. Watookal jy kan bydra - sal waardeer word.  Moenie dink dat as jy een kind se naam kry - jy 3 items moet gee nie.  Ek gaan die name split, sodat as jy bv skoolskoene wil gee - kan jy net die skoene bydra.  Elke bietjie help om 'n verskil te maak!
3. Ek sal weer optel sessies he by Tygervallei / ander venue - en sal die tye deurgee aan julle.
4. Finansiele bydraes is ook moontlik - ek sal dan die items namens jou aankoop.
 
Bank details:
 
A Hugo
Investec bank
Rek nr: 10011253677
Branch: 580105
Cheque
Reference: Jou naam en #Winterwarmte
 
Ek glo vir 'n groot wonderwerk :)  God is groot!
 
Mag julle 'n AWESOME daggie he!
 
blessings!
 
anel xx
 

No comments: