Sunday 2 June 2013

“Today I will do what others won’t, so tomorrow I can accomplish what others can’t…”- Jerry Rice

Haloes! J

“Today I will do what others won’t, so tomorrow I can accomplish what others can’t…”- Jerry Rice

Matthew 19:26

“But Jesus looked at them and said to them, ‘With men this is impossible, but with God all things are possible…’”

2 Timothy 1:7

“For God has not given us a spirit of fear, but of power and of love and of a sound mind…”

“Don’t wait for something big to occur. Start where you are, with what you have, and that will always lead you into something greater…” - Mary Manin Morrissey

“Inaction breeds doubt and fear. Action breeds confidence and courage. If you want to conquer fear, do not sit home and think about it. Go out and get busy…” - Dale Carnegie

Wanneer moeilike tye, of uitdagings oor ons pad kom, is dit BAIE maklik om in ONMOONTLIKHEID vas te kyk…  Die onmoontlikheid is baie keer soos ‘n “klamp” op jou motor se wiele, wat jou sal verhoed om enigsins te kan beweeg…  Die naweek was behoorlike bewys dat Winter in VOLLE fors in die Kaap is…  Van storm reën, tot hael, tot donderweer het als op een dag plaasgevind…  Sulke dae is dit makliker om net nie op die pad te wees nie…  Deur dit te doen, beskerm jy jouself teen enige moontlike gevaar…    Wanneer jy in jou motor is, in sulke weersomstandighede, kan jy BAIE maklik beheer oor jou motor verloor wanneer jou volle aandag en fokus nie op die pad is wat jy afgele moet word nie… 

As ek ons lewens moet vergelyk met so ‘n stormagtige dag, dink ek dat wanneer storm, wolkbreuke, hael, en donderweer oor ons lewenspad kom, raak ons SO gefokus op die elemente (ons verkyk onsself aan die hael, donderweer en swaar reënval), dat ons nie meer die pad raaksien wat ons moet stap nie…  Die PAD, is STEEDS dieselfde,  die elemente maak dit net bietjie meer uitdagend…  En wanneer Jesus ons Hemelse Pappa en Verlosser is, SAL HY SELF die bestuurder van ons lewensmotor wees…  Al wat Hy vra is dat jy aan Hom die leisels sal oorgee, jou hand in Syne sal plaas en die moeilike pad saam met Hom sal stap…  Jy hoef NOOIT ALLEEN te voel, of ALLEEN te stap nie…  Jesus is ALTYD met jou…  ‘n Mooi beeld vir my, is dat Jesus soos jou skaduwee is…  Jy sien Hom dalk nie altyd wanneer dit donker is nie, maar jy kan weet dat HY ALTYD by jou is…  Sodra die lig aangeskakel word, sal jy jou skaduwee sien…  Soos wat ons bid, en vertrou op Jesus, SAL Hy sorg vir die REGTE deurbrake in jou lewe, op die REGTE tyd… 

Daar is vandag NIKS wat jy hoef te vrees nie – want jy het vir Jesus…  Moenie dat die “ELEMENTE” van ‘n situasie, maak dat jy fokus verloor van die groter prentjie / doel vir jou lewe nie…  Of moenie dat die elemente jou weerhou om te word of te bereik wat God jou bestem het om te wees nie…  Hou jou oë gevestig op God  en die pad wat jy moet stap…  Hy sal die groot en klein goed in plek laat val!  Sodra die tyd daarvoor reg is...  Moenie moed verloor wanneer dit dalk langer neem as wat jy gedink / gehoop het nie...

Blessings!


Anelli**

No comments: