Sunday 23 June 2013

“As a child of God, I am greater than anything that can happen to me…“ ~ Abdul Kalam quotes

Haloes! J

“As a child of God, I am greater than anything that can happen to me…“ ~ Abdul Kalam quotes 

John 1:12

“Yet to all who did receive him, to those who believed in his name, he gave the right to become children of God…”

Romans 8:16

“The Spirit himself testifies with our spirit that we are God’s children…”

“Be encouraged, child of God. He loves you even in the midst of your pain. He loves you even when you don't love Him. He loves you when you feel utterly alone. He loves you with an everlasting love. Your suffering can take many things away form you, your health, your happiness, your prosperity, your popularity, your friends, your career, even your family. But there's one thing suffering can't take away: it can't take away the love of God…” ~ Ray Pritchard quotes 

“Our deepest fear is not that we are inadequate. Our deepest fear is that we are powerful beyond measure. It is our light, not our darkness, that frightens us most. We ask ourselves, 'Who am I to be brilliant, gorgeous, talented, and famous?' Actually, who are you not to be? You are a child of God. Your playing small does not serve the world. There is nothing enlightened about shrinking so that people won't feel insecure around you. We were born to make manifest the glory of God that is within us. It's not just in some of us; it's in all of us. And when we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same. As we are liberated from our own fear, our presence automatically liberates others…” ~ Maryanne Williamson quotes 

‘n Vriendin van my het my verlede week vertel van ‘n reeks wat hulle sopas in Bybelstudie behandel het…  52 punte wat aandag gee aan – “My self-image in Christ – I am, Ek is…” (Parow Worship Centre)…  Sy was so gaaf om die lys met my te deel…  Nadat ek dit ontvang het, het dit werklik hard op my hart gedruk dat ek tyd hieraan spandeer om van hierdie punte aan te raak en dalk ‘n reeks te doen oor wie ons is in Christus…  Die vraag is? Wie is jy?  Wie is ek?  Wie is ons, werklik?

Die antwoord is so maklik, maar somtyd sukkel ons tog om dit te onthou…  Ons is KIND van God…  Sonder dat ons gewerk het daarvoor, of dat ons dit verdien, met genade ONBESKRYFLIK groot, het HY ons uitgekies , nog voordat ons keuses vir onsself kon maak…  Ek weet ek het hierdie aanhaling van Maryanne Williamson al ‘n paar keer vantevore gebruik, maar dit is en bly vir my SO treffend, en so van toepassing op hierdie onderwerp…  Wanneer ons kind van God is, glo ons baie keer dat ons moet terugstaan, en die minste moet wees…  Dit veroorsaak baie keer dat ons in die proses toelaat dat mense op ons trap…  Dis verseker nie wat God vir ons wil hê nie…  Hy wil hê dat die feit dat ons kind van God is – sal maak dat ons, ons lig DAAGLIKS sal laat skyn…  Wanneer ons dus moeilike take aanpak, of deur moeilike tye gaan – dat die MANIER waarop ons dit sal aanpak ‘n toonbeeld sal wees dat God in ons is (en ook dat God met ons is)…  Wanneer ons met moeilike dinge gekonfronteer word – of dit nou seisoene van verandering, groei, pyn, siekte, hartseer, gebroke harte, gebroke vriendskappe of verhoudings, of moontlike verlies moet gaan, is dit baie maklik om net die donker kant van al hierdie raak te sien…  Dit mag dalk vir jou voel asof die donker NOOIT verby sal gaan nie…  Maar as Kind van God kan ons WEET – soos die son nie vir altyd agter die wolke sal bly nie, so sal die donker en moeilike tye nie vir altyd aanhou nie…  God se plan vir ons lewens, is groter as wat ons ooit sal besef of kan begryp…  Sy liefde vir ons is ‘n Ewige liefde…  ‘n Liefde wat ons sal dra wanneer ons nie meer kan nie…  ‘n Liefde wat ons trane sal afdroog, ons harte sal heelmaak, ‘n liefde wat ‘n LIG in donker tye sal wees…  Selfs al voel jy totaal en al alleen “in die ding”…  God is met jou…  Jy is SY kind – niks wat met jou gebeur of kan gebeur, is groter as jou God nie…  Hy sal sorg vir jou – want Hy het jou ONEINDIG lief, Koningskind!

My gebed vir jou, is dat jy 'n ONGELOOFLIKE geseende week sal he!  Moenie toelaat dat die duiwel jou ontneem van die seen wat God vir jou REEDS uitgesit het vir hierdie week nie... "Claim dit!" :)

Blessings!

Anelli**

No comments: