Friday 7 June 2013

“Let your faith be bigger than your fear…” ~ Hebrews 13:6

Haloes! J

“Let your faith be bigger than your fear…”  ~ Hebrews 13:6

Acts 22:10

And I said, 'What shall I do, Lord?' And the Lord said to me, 'Rise, and go into Damascus, and there you will be told all that is appointed for you to do.'

Exodus 14:13-14

“And Moses said to the people, ‘Do not be afraid. Stand still, and see the salvation of the LORD, which He will accomplish for you today. For the Egyptians whom you see today, you shall see again no more forever. The LORD will fight for you, and you shall hold your peace’”

“Never doubt that a small group of thoughtful, committed, citizens can change the world. Indeed, it is the only thing that ever has...” ― Margaret Mead

“The only way that we can live, is if we grow. The only way that we can grow is if we change. The only way that we can change is if we learn. The only way we can learn is if we are exposed. And the only way that we can become exposed is if we throw ourselves out into the open. Do it. Throw yourself.” ― C. JoyBell C.

Die enigste iets waaroor mens kan seker wees, is dat dinge konstant verander…  En wanneer mens nie saam met die tye verander nie, kan jy baie vinnig “agter gelaat word…”  As ek kyk na iets so eenvoudig soos ‘n selfoon J  Ek onthou toe ons die eerste selfoon in ons huis gehad het…  Daar was groot opwinding oor DIE FOON wat jy kan gebruik om mee te bel waarookal jy is J  Ek onthou dat ek nog in die Laerskool was en dat ek een aand saam met 2 vriendinne gaan eet het…  My ouers het die selfoon vir my geleen, sodat ek hulle moet bel op die huisfoon wanneer ons ete klaar was, sodat hulle ons kon kom optel... My twee vriendinne was so opgemaak met hierdie situasie, dat hulle skoon teruggesit het, sodat almal in die restaurant kon sien dat ons ‘n selfoon by ons gehad het…   As ek nou kyk na selfone, in vergelyking met 15 jaar gelede, is die verandering so astronomies, dat dit amper onvergelykbaar is!  Jy het ‘n kamera, videokamera en telefoon in een…  Die selfone word amper ontwerp met die doel om vir ENIGE iets gebruik te kan word…  Dit word al hoe meer verander, ten einde ons lewens al hoe makliker te maak…

Verandering het egter ‘n manier om mens bang te maak…  Ek dink nie soseer dat dit die verandering is wat jou bang maak nie, maar eerder die onsekerheid van die situasie , of die onbekendheid van dit wat op jou wag…   Met die lewens “pace” wat ook elke week vir my vinniger voel, dinge wat konstant anders is, jy wat dalk konstant uit jou comfortzone gedwing word, en gekonfronteer word met dinge wat jou “challenge”, en wat jou gedurig karkater laat bou, is daar een iets wat ALTYD dieselfde is – en dit is God…  Sy liefde en genade is ELKE dag vir jou nuut…  Jy hoef nie ‘n kontrak uit te neem, of paaiemente te betaal om Sy liefde en genade in jou lewe te ervaar nie…  Jy het nie ‘n sekere aantal minute wat jy met Hom mag praat in ‘n maand nie…  Dis onbeperk, en GRATIS…  Hy is ENIGE tyd van die dag of nag vir jou beskikbaar, en Hy is net ‘n gebed ver weg…  Miskien is jou vrees tans groter as jou geloof…  Miskien voel jou situasie vir jou ongelooflik deurmekaar, en voel jy op moedverloor se vlakte…  God is GROTER as watookal jy vandag mag face…  Sy krag (wat onbeperk is), is vandag, en ELKE dag vir die res van jou lewe tot jou beskikking – solank as wat jy Hom kies…  Hy het jou al uitgekies nog voordat jou ouers besluit het om jou te hê…  Gee die verandering vir Jesus…  Gee jou onmoontlike situasie oor in Sy hande…  HY sal sorg…

Blessings!

Anel**





No comments: