Monday 10 June 2013

"When you leave your bedroom in the morning, remember it is: Lights!... Camera !... Action!... - unknown

Haloes! :)

"When you leave your bedroom in the morning, remember it is: Lights!... Camera !... Action!... - unknown

Jakobus 1:5

"As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid..."

Matteus 7:7-8

"Vra, en vir julle sal gegee word... Soek en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want vir elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word..."

Happiness is always an inside job... - unknown

"There will never be another now, so make the most of now..." - Unknown

Ek is iemand wat BAIE lief is vir fliek ;) Dit is vir my een van die lekkerste goed om te doen... Ek en jy is  "movie-stars"!! Is jy bewus daarvan?  Die "storie" van jou lewe, word daagliks deur JOU, as hoofkarakter vertolk...  Jou optrede teenoor mense wat jou pad kruis, jou vriendelikheid, medemenslikheid, optrede in moeilike situasies, hoe jy uitdagings hanteer wat jou pad kruis, asook die liefde wat jy leef is iets wat op die "silwerdoek" van jou lewensstorie vasgevang word...  As jy nou moet dink aan hoe jy "die storie van jou lewe sou beskryf aan iemand?  Komedie? Romanse? Tragedie? Riller?

Die goeie nuus is dat enige fliek nie vir ewig aanhou nie ;) Dus, hoef die trant van jou lewensverhaal nie in "een fliek" opgesom te word nie... Jesus het vir my en jou, deur Sy liefde aan die Kruis, NUWE hoop, nuwe kanse en nuwe lewe kom gee!! As die prentjie wat jou lewe dus tans weerspieel, nie een is wat jy op die silwerdoek sal wil sien draai nie, het jy ELKE dag 'n kans om aan 'n nuwe draaiboek te begin skryf ;) Dit kan selfs in die vorm van 'n 'series' opgesom word ;). Jyt vir God as die regisseur van jou lewensstorie, wat beteken dat Hy deurentyd betrokke is by jou lewe... Jy kan vra dat Hy jou sondes vergewe, en Hy sal dit "cut" uit jou storie... Omdat Hy jou oneindig lief het, en net die beste vir jou wil he... En OOK omdat Hy reeds vir AL jou sondes aan 'n Houtkruis betaal het... Sorg dat jy LEEF en shine ;) As jy wakker word - laat die duiwel sommer bewe, met die wete - jy is op, and you have arrived - ready to LIVE LiFE and be the star that you are...

Blessings!

Anelli**


No comments: