Monday 24 June 2013

"I love to think of nature as an unlimited broadcasting station, through which God speaks to us every hour, if we will only tune in." - George Washington Carver

Haloes! J

"I love to think of nature as an unlimited broadcasting station, through which God speaks to us every hour, if we will only tune in." - George Washington Carver

"You are a New creation..."

2 Corinthians 5:17

“Therefore, if anyone is in Christ, the new creation has come:The old has gone, the new is here!”

Galatians 2:20

“I have been crucified with Christ. It is no longer I who live, but Christ who lives in me. And the life I now live in the flesh I live by faith in the Son of God, who loved me and gave himself for me…”

"Is your place a small place? Tend it with care; He set you there. Is your place a large place? Guard it with care! He set you there. Whate'er your place, it is not yours alone, but His who set you there." - John Oxenham

“We can't help everyone, but everyone can help someone…” ~ Ronald Reagan

‘n Program wat ek nogals geniet om te kyk, is “Extreme Home Makeover”…  Dis ‘n program wat daarin poog om mense te help (wat weer op hul beurt gewoonlik alles doen om vir ander mense te help), en in die proses eintlik SELF tekortskiet…  Ek onthou dat ek telkemale daardie storie gekyk het, net om met sopnat wange te sit aan die einde van die program…  Die dankbaarheid wat daardie mense gewoonlik het vir wat ‘n totale vreemdeling aan hulle gegee het is OORWELDIGEND!  Daar is soveel vrywilligers wat kom help om aan 'n vreemdeling, ‘n droomhuis te gee… Die transformasie wat die huise ook gewoonlik ondergaan, is ongelooflik…  Die ou huis word platgeslaan, en ‘n totale nuwe ontwerp kry in die proses lewe…

Ons lewens is PRESIES soos hierdie…  Die dag wat Jesus vir my en jou aan ‘n Houtkruis kom sterf het, is ons “ou lewe” "platgeslaan" (voordat ons vir Jesus aanvaar het as ons Hemelse Pappa, en voordat ons, ons sondes bely het), het Hy aan elkeen van ons ‘n NUWE lewe kom gee…  Soos wat ‘n ou bouval omskep word in ‘n paleis van ‘n huis, so het God met Sy kruisdood vir ons die geleentheid kom gee om ‘n totale metamorfose te ondergaan en oor te begin…  Sodat ons mense van impak, van liefde, van omgee, van oorwinning kan wees, en mense wat ‘n lewe van oorvloed lei…  Ons kon niks doen om dit te verdien nie – Jesus het ons uitgekies, omdat Sy genade vir ons so ONBESKRYFLIK groot was…  Selfs al is jy dalk op ‘n stukkie pad wat jy dalk sonder God aangepak het – Hy het jou nog nie vir ‘n OOMBLIK vergeet nie…  Hy stap steeds langs jou, en Hy luister steeds – selfs al praat jy dalk al vir ‘n rukkie nie met Hom nie…  Jy’t elke dag ‘n nuwe kans – nuwe genade wat genoeg is vir die dag van vandag…  Wanneer jy kom intree voor God, en bid vir vergifnis van jou sonde, sal Hy weer vir jou ‘n nuwe bladsy kom gee…  Om oor te begin, en die pad saam met Hom aan te pak…  Hy is net ‘n gebed ver…  Laat Hom toe om jou te laat groei, sodat jy ALLES kan word wat Hy jou bestem het om te wees…  Dat God jou ‘n EXTREME MAKEOVER kan gee, dat jy ‘n inspirasie kan wees vir die wêreld oor HOE dit is om kind van God te wees, en HOE jy jou lewe kan gebruik om die mense wat minder het as jy te seën…  God sal die geleentheid voorsien – al wat Hy vra is ‘n gewillige hart…

Blessings!

Anelli**

No comments: