Wednesday 12 June 2013

"Worry gives small things a big shadow..." - Swedish proverb

Haloes!

"Worry gives small things a big shadow..." - Swedish proverb

Jesaja 41:10

"Moenie bang wees nie, ek is by jou... Moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God... Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou hand vas... Met my eie hand red Ek jou..."

1 Petrus 5:7

"Werp al jou bekommernis op My, want Ek sorg vir jou..."

"Be like a steam kettle! Though it is up to its neck in hot water, it continues to sing..." - Unknown

"When the storms of life strike, it's what happens "in" you that will determine what happens "to" you... - Jerry Savelle

Daar is vir my niks lekkerder as 'n koppie warm, goeie koffie, om die dag mee te begin nie...  Ook op koue dae, is daar darem niks so lekker soos 'n koppie milo, tee, warm sjokolade of koffie om jou van binne af warm te maak nie ;).  Maar die teenoorgestelde is net so waar - daar is niks so sleg soos 'n koppie koffie wat gestaan het, waarvan jy vergeet het, en wanneer jy dan 'n sluk neem, yskoud is nie...

Ons lewens is baie keer soos hierdie... Wanneer dinge goed gaan, is ons gevul met ywer vir die Koningkryk... Ons kan voel hoe God voorsien, en partykeer geniet ons die goeie tye so, dat ons vergeet om dankie te se... Wanneer dinge egter sleg gaan, saai die duiwel saadjies van wantroue in God in ons lewens...  Ons sukkel om te bid, omdat dit dan aanhou voel of dinge net sleg bly gaan en asof God van ons vergeet het...  Elkeen van ons is al deur sulke moeilike tye, of gaan dalk selfs NoU deur so 'n tyd van hartseer, pyn, siekte of moeilikheid... Dalk voel dit asof jou gebede teen die dak vasgaan en asof God ge-"vanish" het van jou lewe...  Dink gou aan die volgende - fokus jy om asem te haal? Is dit iets waarvoor jy moet werk, of wat jy deurentyd moet dink aan om te doen? Nee, dis iets wat vanself kom... Die suurstof is elke oomblik van die dag rondom jou, en jou liggaam is so wonderbaarlik deur God geskape dat jy dit doen sonder om daaraan te dink... Dis dieselfde met God se aanwesigheid in jou lewe - Hy is DAAR, om jou,by jou en vir jou - 24/7, 365 dae van die jaar... Sonder lug in jou longe, kan jy nie leef nie... En sonder God in jou lewe, is dit nie moontlik om die uitdagings van die lewe te oorkom nie... God is ENIGE tyd van die dag of nag tot jou beskikking... Hy is net 'n gebed ver... In die tye wat Hy stil is - onthou die volgende aanhaling - during a test, the teacher is always quiet... Dit beteken nie dat Hy nie daar is nie... Hy hou oor jou die wag, en loop deur elke uitdaging saam met jou... Hy sal sorg!

Blessings!

Anel**

No comments: