Monday 17 June 2013

"'n Enkele dankbare gedagte wat aan God gerig word, is die mees perfekte gebed..." ~ Robert Freeman

Haloes! :)
"'n Enkele dankbare gedagte wat aan God gerig word, is die mees perfekte gebed..." ~ Robert Freeman
Romeine 8:26-27, Die Boodskap
"Ons grootste swakheid is dat ons nie aldag weet wat ons moet bid nie... Maar in sulke tye bid die gees self vir ons... Hy vertaal al ons swaarkry in hemelse taal... Hy gaan sug en kla namens ons daar by God..."
Jakobus 5:16
"Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking..."
"Here, ek weet nie wat ek van U moet vra nie... U alleen weet wat ek nodig het... U het my liewer as wat ek myself kan hê... O Vader, gee aan U kind wat hy self nie weet hoe hy dit van U moet vra nie... Ek bring maar net my hart na U en maak dit oop voor U... Amen" ~ Francois Fénelon
"Van my beste gebede is die kere wat ek nie woorde het nie... Ek hou op met praat, sluit my oë en dink oor wat ek gelees het, of oor wat ek gebid het, en ek luister..." ~ Charles Swindoll
Partykeer, wanneer mens deur moeilike tye gaan, is dit moeilik om die regte woorde te kry om te bid... Gaan dinge dalk op die oomblik so in jou lewe? Dat jy nie meer weet of jy kom of gaan nie... Net soos jy dink die een probleem is opgelos, sak die volgende ene al op jou toe... Bid is nie om 'n rympie op te sê nie... Dit is 'n GESPREK en 'n KONNEKSIE met God... Ek weet nie of daar dalk iemand in jou lewe is, met wie woorde partykeer nie nodig is nie? As julle byvoorbeeld in 'n groep is, en jy kyk net vir die persoon as 'n spesifieke iets gebeur, dan kan jy sommer SIEN die persoon weet wat jy dink :)
Dit is so met God ook... Hy weet wat ons dink, nog voordat ons dit aan Hom sê... Dis hoekom Robert Freeman se aanhaling so treffend is... As jy dink - sjoe, ek voel so gebless deur dit wat God in my lewe gedoen het, glo ek dis opsigself 'n dankie wat jy opstuur hemel toe... God weet ook as jou gemoed troebel voel, en jy dalk net nie woorde kan vind om te verwoord hoe jy voel nie... Hy ken jou deur en deur! Dis hoekom gebed nie noodwendig gebonde hoef te wees tot 'n spesifieke tyd van die dag nie... Soos dinge deur die dag gebeur, kan jy in 'n aaneenlopende gesprek met God wees... En as jy dalk net nie die woorde het nie, sit vir jou gospel musiek aan of lees God se woord, en raak net stil... Jy kan 'n gospel lied se woorde of 'n teksvers, as 'n gebed opdra aan God...
Soos Romeine hierbo bevestig - die Heilige Gees pleit self vir jou, en maak voorspraak vir jou in die tye wat jy nie die woorde het nie... God weet wat jy nodig het, en Hy wil dit in oormaat voorsien... Hy wil vir Sy kinders NET die beste hê... Al lyk dit vir jou na ontstuimige waters waarin jy verkeer - Hy sal die storms kom stil maak, en indien dit nie gebeur nie, sal Hy sorg dat jou lewensboot VEILIG deur die storm, aan die anderkant uitkom... Jy moet net aan Hom vashou... Partykeer verloor mens so perspektief, en lê die antwoord eintlik voor jou - jy vra dalk net die verkeerde vrae... Jy is SUPER spesiaal vir God - onthou dit vandag wanneer die ontstuimige waters kom!
blessings!
anelli**

No comments: