Thursday 13 June 2013

"Those who don't take chances don't make advances... Even a turtle doesn't get ahead unless it sticks its neck out..." - Unknown

Haloes! :)
 
"Those who don't take chances don't make advances... Even a turtle doesn't get ahead unless it sticks its neck out..." - Unknown
 
Jesaja 59:1
 
"My arm is nie te kort om jou te help nie en my oor nie te doof om jou te hoor nie..."
 
Psalm 81:8
 
"In jou nood roep jy en Ek antwoord jou..."
 
"Remember, everyone who has got where he is, started where he was..." - Unknown
 
"Only dead fish go with the flow..." - Unknown
 
Ek't 'n stuk gelees wat se dat die oudste khoi vis 226 jaar oud geword het... Kan jy dink om 226 jaar oud te word en heeltyd net in 'n khoi visdam in die rondte te swem? Ek dink dit moet ERG frustrerend wees!! Alles bly altyd dieselfde... Dit wat jy vandag sien wanneer jy jou sirkel swem, sal more presies dieselfde wees...
Tog is ons lewens baie keer 'n spieelbeeld van die bostaande... Ons is bang om 'n kans te vat, aangesien ons dan "risiko" moet loop, en die uitkoms van die situasie, nie noodwendig die uitkoms gaan bring waarop ons hoop nie... Dis partykeer makliker om te "wees" eerder as om te leef... Maar soos hierdie onbekende aanhaling tereg hierbo se - only dead fish go with the flow... Wanneer mens voluit leef, loop jy die risiko om dalk seer te kry, of dalk nie die eerste keer sukses te smaak nie... OF die teenoorgestelde kan gebeur - God kan vir jou, jou hartsbegeertes gee - of dit nou in die vorm van gesondheid, liefde, geluk of die golf van sukses is... Partykeer is dit maar net nodig om te bid, te besluit en te vertrou - en daardie LEAP of faith te neem... God sal sorg, wanneer jy jou vertroue en toekoms ten VOLLE (100% oorgegee) in Sy hand sit...  Swem bietjie teen die stroom...  Waag bietjie, sodat jy baie kan wen in die proses...  Saam met God is niks in elkgeval 'n waagstuk nie - jy weet as jy Hom ten volle vertrou, sal Hy jou laat opeindig, waar jy moet wees, wanneer jy daar moet wees, en saam met wie jy daar moet wees...  Alles gaan oor jou vertroue...  Daar staan nie verniet in Matteus die volgende nie:  Matthew 17:20: "You don't have enough faith," Jesus told them. "I tell you the truth, if you had faith even as small as a mustard seed, you could say to this mountain, 'Move from here to there,' and it would move. Nothing would be impossible."
Saam met Jesus is daar NIKS wat onmoontlik is nie...  Hy is in staat om SOVEEL meer te doen as wat ons ooit sal kan hoop of dink... Gee jou onmoontlikheid sommer nou oor in Sy hande...  Hy SAL sorg - jy hoef nie bang te wees nie...
 
Blessings!
 
Anel**

No comments: