Monday 3 June 2013

“When life knocks you down, try to land on your back. Because if you can look up, you can get up.” – Les Brown

Haloes! J

“When life knocks you down, try to land on your back. Because if you can look up, you can get up.” – Les Brown

Proverbs 3:5-6

“Trust in the LORD with all your heart, and lean not on your own understanding; in all your ways acknowledge Him, and He shall direct your paths…”

Psalm 147:3

“He heals the broken-hearted and binds up their wounds”

“You never know how strong you are until being strong is the only choice you have…” - Unknown

“I do it because I can; I can because I want to; I want to because you said I couldn’t...” - Unknown

Ek dink elkeen van ons het al geval J  Wanneer jy klein is en leer fietsry, leer stap, of sommer net bietjie jou balans verloor en “grond koop”, soos ek daarvan hou om dit te noem J  Dis iets wat ek sommer op ‘n gereelde grondslag doen, sonder dat ek probeer!  Ek onthou, tydens een van ons besige tye by die werk, het ons een aand tot omtrent half 11 by die kliënt gesit en werk…  Ek en een van my kollegas het toe saamgestap om die trein terug huis toe te vang…  Ek het my laptop en handsak by my gehad, en seker in my moegheid, het ek nie die trappie buite die kliënt se kantoor gesien nie…  Dit was winter en VREK koud…  Ek trap toe lekker die trap mis, en land hande viervoet voor my kollega…  Ek dink net so vinnig soos ek die grond getref het, was ek weer op my voete…  Soos ‘n klein rubberbal J  Sy was baie besorg oor of ek “ok” was, en alhoewel my knieë en hande gevoel het of hulle nerf-af was, het ek geglimlag en haar verseker dat ek OK was… 


Realiteit van die lewe, is dat ons almal seerkry…   Of dit fisies, of geestelik, pyn of hartseer - al hierdie dinge  is ongelukkig deel van ons lewensreis…  Die lewe is nie regverdig nie…   Baie slegte goed gebeur met ongelooflike goeie mense, en ons, as mens het nie daarvoor ‘n verduideliking nie…  Al wat ons as Christene kan doen, is om aan te hou glo dat God ‘n plan het vir elkeen van ons lewens, wat groter is as ons begrip…  Ek weet nie of jy dalk tans ‘n stukkende hart, stukkende lewe, of stukkende gemoed het nie…  Jesus gee aan ons in Psalm 147:3 die versekering dat Hy gebroke harte sal heelmaak, en wonde sal genees…  Hy is die ultimate geneesheer…  Watookal die hartseer, pyn of seer wat jy moet deurmaak, Jesus sal die stukke bymekaar sit, en uit gebrokenheid, iets maak wat soveel mooier en sterker is, as dit wat eens op ‘n tyd was…  Wanneer mens in daardie “plek” van absolute verlatenheid, stukkendheid, pyn of hartseer is, is dit moeilik om te glo dat God goeie goed vir jou bestem het, en dat Hy die moeilike tye sal gebruik vir iets wonderliks om te kom…  Waaraan jy vandag kan vashou, is dat “If God brings you to it, He WILL get you through it…”  Ek kan uit my persoonlike lewe net getuig dat God ALTYD betyds is…  Nie op MY tyd nie, maar ALTYD op SY tyd - MAAR, Hy is NOOIT te laat nie!…  En dit waarop ons moet wag, en dit wat Hy uiteindelik vir ons gee, is soveel beter, groter en meer AWESOME as dit wat jy OOIT vir jouself sal kon droom…  Hy wil meer vir jou hê, as wat jy ooit sal kan droom of begryp…  VERTROU net…  Wat het jy om te verloor?  Saam met Jesus, is daar soveel groter moontlikhede as wat jy ooit kan aan dink…  

blessings,

anelli**

No comments: