Sunday 9 June 2013

"The impossible is often the untried..." - Jim Goodwin

Haloes!

"The impossible is often the untried..." - Jim Goodwin

Psalm 121:2,3

"Jou hulp kom van My, die Here, wat hemel en aarde gemaak het... Ek sal nie toelaat dat jy struikel nie... Ek wat jou beskerm, slaap nooit nie..."

Hebreers 13:5 & Hosea 11:8

"Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie... Hoe kan ek jou prysgee my kind? Ek kan dit nie oor my hart kry nie, My liefde brand te sterk..."

"Again and again, the impossible is solved when we see that the problem is only a tough decision waiting to be made..." - Robert Schuller

"The future arrives an hour at a time..." - Unknown 

Om te dink oor "die toekoms" kan baie oorweldigend wees...  Daar is soveel moontlike uitkomste oor hoe elke liewe dag kan afloop, dat deur daaroor te dink en te bekommer jou kan uitput, nog voordat die tyd waaroor jy jouself bekommer aanbreek...  Mens is ook geneig om jou partykeer so te bekommer oor die "wat-asse" - wat meeste van die tyd nie gebeur nie - dat jy uitmis op die huidige hier en nou...

Hierdie aanhaling is daarom vir my ongelooflik cool! The future arrives one hour at a time... En God is by jou - elke oomblik van die dag!! Sy tyd is tot jou beskikking, 24/7...  Hy is elke minuut van die dag, net 'n gebed ver...  Wanneer jy weer voel of jy lamgele word met vrees, en dat die grootheid van besluite jou so moeg maak, omdat jy nie weet watter kant toe nie - gee dit oor in God se hande... Raak sommer stil - daar waar jy is, en sit "dit" waarmee jy struggle by Jesus se voete neer... Wanneer jy dan klaar met God gepraat het - sorg dat jy dit waarmee jy sukkel, nie weer optel en self dinge probeer uitsorteer of in plek laat val nie... Wanneer jou hand in God s'n is, en jy Hom vertrou om jou te dra, daar waar die besluite te veel en die lys van bekommernisse te lank raak, SAL Hy jou nie in die steek laat nie!  Moenie jou lewe weke vooruit probeer lewe nie... God gee elke oggend aan ons 'n nuwe geskenk (genaamd genade en krag), presies genoeg vir die nuwe dag... Hy sal jou voorsien van die wysheid wat jy nodig het om moeilike besluite te neem, en Hy sal jou krag gee, en selfs dra, wanneer die dinge in jou lewe te deurmekaar of oorweldigend voel... God sal die dinge laat uitwerk soos dit moet - en in plek laat val, wanneer die tyd daarvoor reg is... Moenie moed verloor nie! Jesus se plan vir jou lewe, is soos legkaartstukke, wat daagliks nog 'n gedeelte van die prentjie weerspieel... Leef minuut, per minuut - en vat dit soos dit kom! Jesus is by jou!!**

Blessings!

Anel**

No comments: