Wednesday 19 June 2013

It's hard to beat a person who never gives up.” ― Babe Ruth


Haloes! J

It's hard to beat a person who never gives up.” ― Babe Ruth

Psalm 91:11-16

For he will command his angels concerning you to guard you in all your ways; they will lift you up in their hands, so that you will not strike your foot against a stone. You will tread on the lion and the cobra; you will trample the great lion and the serpent. “Because he loves me,” says the Lord, “I will rescue him; I will protect him, for he acknowledges my name.
He will call on me, and I will answer him;  I will be with him in trouble, I will deliver him and honor him. With long life I will satisfy him and show him my salvation.”

Psalm 91:7

A thousand may fall at your side, ten thousand at your right hand, but it will not come near you.
 
The only place success comes before work is in the dictionary…~ Vince Lombardi

“We often miss opportunity because it's dressed in overalls and looks like work”― Thomas A. Edison  

Werk...  ‘n Woordjie wat deur baie mense met onaangenaamheid geassosieer word...  Vir baie mense is werk ‘n plek van ongelukkigheid, ‘n plek waar hulle gekritiseer word, en waar hul aan hul swakheid herinner word... Of miskien word jou harde werk heeltyd oorgesien – en maak nie saak wat jy doen nie, dis asof jy op een plek bly draf… Miskien is jy sommer met negatiwiteit gevul, nog voordat die dag begin…  Dit veroorsaak weer dat jou ingesteldheid verkeerd is nog voordat enige iets gebeur het…  Of jou werk kan jou dalk vul met soveel VREES en STRESS vir dit wat onbekend is, vir dit wat moontlik verkeerd kan gaan of dit wat jy nie kan beheer nie dat dit op ‘n manier jou jou lewe heeltemal oorneem...  Elke wakende oomblik word aan werk spandeer (of dit nou fisies werk is, praat oor werk of dink aan werk), soveel so dat die lewe op die ou end verby jou gaan...  Een iets wat ‘n vriend van my eendag kwytgeraak het – werk is iets wat altyd daar sal wees...  Jy kan kies om elke wakende oomblik daaraan te spandeer, of om ‘n bietjie oor te los vir more, en VOLUIT te LEWE – met BALANS...  Sorg dat jy elke dag jou BES doen in die tyd wat daarvoor uitgesit is… Balans is BAIE belangrik!!  Soos ek al vantevore gesê het – TE pas net by TEVREDE J

As jy vandag sou uitvind jyt ‘n ongeneeslike siekte – wat sou vir jou die belangrikste wees?  Tyd saam met mense wat vir jou kosbaar is, tyd wat jy gebruik om herinneringe te maak wat ‘n leeftyd sal hou of tyd wat spandeer word aan bekommernis?  Maak seker dat jy tye van saamwees met vriende en familie koester...  Maak spesiale herinneringe wanneer julle saam is...  Hou die baklei vir eendag op ‘n reëndag...  Ons weet nie wanneer die laaste keer is wat ons iemand gaan sien, of by ons gaan hê nie...  Maak seker dat die mense in jou lewe WEET dat jy hulle waardeer, liefhet en dat hulle baie kosbaar vir jou is (sê dit met elke geleentheid wat jy kry)!! God het ons geseën met ‘n ongelooflike natuur, en ongelooflike mense wat Hy oor ons pad bring – elke dag...  Maak seker dat jy jou balans so toepas, dat wanneer jy WERK, jy werk, en wanneer jy dan by die kantoor uitstap, dat jy die dinge by die werkplek agterlaat…  Die lewe is meer as bekommernis!  Hiermee sê ek nie, moenie altyd jou beste gee nie...  Nee,  hiermee sê ek:  Koester spesiale mense, en spesiale tye...  Spandeer spesiale tyd saam met God...  Moenie dat werktyd, jou Stiltetyd binnedring nie...  Ons het tyd saam met God nodig om Sy stem en Sy wil vir ons lewe te hoor en te bepaal...  Ons het Hom nodig, omdat Hy ons bron van HOOP is...  Laat Hom toe om daai onrus in jou binneste, in vrede te omskep...  Dit sal jy slegs kan regkry, deur tyd in gebed, en tyd saam met God deur te bring...  Moenie jouself beroof van ‘n lewe van oorvloed, deur nie tyd te hê vir dit wat saakmaak nie...  Vir jou wat dalk deur diepe waters gaan op die oomblik - hier is 'n versie spesiaal vir jou:  1 Kronieke 28:20 Moenie bang wees of jou bekommer nie...  want die Here God is by jou...  Hy sal jou nie in die steek laat nie of van jou padgee nie...
 
Blessings!
 
Anel**

No comments: