Tuesday 4 June 2013

“You may never know what results come from your action. But if you do nothing, there will be no result…” - Gandhi

Haloes! :)

“You may never know what results come from your action. But if you do nothing, there will be no result…” - Gandhi

Psalm 23:4, 6

“Yea, though I walk through the valley of the shadow of death, I will fear no evil; for You are with me; Your rod and Your staff, they comfort me. … Surely goodness and mercy shall follow me all the days of my life; and I will dwell in the house of the LORD forever…”

Psalm 46:1

“God is our refuge and strength, a very present help in trouble”

“The people who get on in this world are the people who get up and look for the circumstances they want, and if they can’t find them, make them...” - George Bernard Shaw

“Being defeated is often a temporary condition. Giving up is what makes it permanent…” - Marilyn Vos Savant

Die Comrades is vir my ‘n absolute inspirasie…  As ek dit in een woord moet kan opsom, sal dit deursettingsvermoë wees…  Jy kan HOE oefen, maar wat jou op die ou end die oorwinning gaan gee, is jou ingesteldheid…  Die uitdaging van die wedloop is iets wat eers in jou kop gewen moet word voordat jy die fisies kan aanpak…  Wanneer jy glo dat jy kan, maak nie saak wat nie, is daar min dinge wat jou sal stop om oorwinning te behaal… Ek het die artikel gelees die naweek wat hulle met ‘n hele paar van die atlete gevoer het…  Daarin sê een van die atlete, Mamabolo (onder die top 10), dat soveel mense hom "afgeskryf" het, en gesê het dat hy nie die vermoë het om dit te maak of om enigsins goed te doen nie…   Hy sê egter daarin dat hy trots is op homself en hoe hy onder die omstandighede “perform” het…  Die wenner, Claude Moshiywa, het in een van die onderhoude wat met hom gevoer is, “’n dag in die lewe van ‘n Comrades marathon atleet” beskryf: 

“Some days I wake up at 3am to go for morning training, 2 to3 hours run. Then it’s off to work, as I must be there by 7:00am. On a Monday and Tuesday I work my lunch hour so I don’t take a break because on a Wednesday at midday I like to do my strength training. After this I go back to work.  After work which finishes at 4pm, I then do afternoon training, either track / speed work or fartlek or recovery runs, it just depends on what day it is. Once this is complete I get home at around 7pm and then am able to spend some time with the kids before they go to sleep and then am able to spend time with my wife. So get to sleep on an average day around 9:30pm – 10pm…”

Hierdie is absoluut inspirerend…  EN so ‘n voorbeeld van iemand wat nie wag vir dinge om te gebeur nie, maar wat absoluut sy drome najaag…  Wat elke dag die harde ure insit, en veg vir wat hy wil hê…  God het aan elkeen van ons unieke talente en vermoëns gegee…  Wat ons daarmee maak, hang van onsself af…  Om egter jou drome te verwesenlik, gaan nie altyd maklik wees nie…  Dit gaan lang ure vat, harde werk, en vasbyt wanneer dit vir jou voel asof oorwinning of deurbrake dalk totaal en al buite jou bereik is…  Ek en jy, het egter ‘n geheime wapen...  Omdat ons vir God as ons Hemelse Pappa aanvaar het, het ons vir God…  En God is ALTYD in jou hoekie, besig om jou aan te moedig om jou bes te gee…  Hy is nie ‘n “afwesige ouer” in jou lewe nie…  Hy is betrokke, by ELKE liewe uitdaging wat jy aanpak…  Hy sal aan jou die krag gee, wanneer dit vir jou voel asof daar geen krag meer in jou liggaam oor is nie…  Wanneer jy iets saam met Jesus aanpak, is daar geen beperking of limiete, ten opsigte van wat jy kan bereik nie… Daardie drome wat so op jou lewensrakkie wag vir "eendag" - stof hulle af en begin sommer VANDAG werk maak daarvan!  Onthou - as jy probeer en dit werk nie uit nie, kan jy dit toeskryf aan "ondervinding" en ander drome begin najaag...  Maar as jy net droom en nie werk maak daarvan nie, sal jy nooit weet wat moontlik kon wees nie...  As mens iets graag genoeg wil he, is daar geen keer tot wat jy in staat is nie - en jyt nog vir God aan jou kant ook, so jy sal nie die pad alleen hoef te stap nie...  God "back" jou :)  Sorg dat jy jouself "back"!


Blessings, 

anelli**

No comments: