Tuesday 25 June 2013

“If you accept the expectations of others, especially negative ones, then you never will change the outcome…” ~ Michael Jordan

Haloes! J

“If you accept the expectations of others, especially negative ones, then you never will change the outcome…” ~ Michael Jordan

Bought and paid for…

Galatians 4:9-10

But now that you have come to know God, or rather to be known by God, how can you turn back again to the weak and worthless elementary principles of the world, whose slaves you want to be once more? You observe days and months and seasons and years!

1 Corinthians 6:20

“You were bought at a price. Therefore honor God with your bodies…”

“Change your thoughts and you change your world…” ~ Norman Vincent Peale

"Without the Way there is no going; without the Truth there is no knowing; without the Life there is no living." -Thomas A Kempis

Ek weet nie wie van julle “retail therapy” so baie geniet soos ek nie J  Daar is vir my geen beter medisyne as om in ‘n winkel te gaan rondloop wanneer ek nodig het dat iets my moet opbeur nie…  My ma vertel my dat jy in hulle tyd, “goed op sig” kon koop.  Dit beteken dat jy die goed ontvang, en as jy dan nie gelukkig is nie, kon jy die goed binne ‘n sekere tyd terugneem, sonder om daarvoor te betaal…  Ek weet nie so mooi of dit vandag sou werk nie J  Krediet is egter vandag ‘n baie gewilde manier wat ons kan gebruik om dinge te koop of betalings te maak…  Dit gee jou darem ‘n bietjie ekstra tyd om die dinge te kan afbetaal…

God het jou en my losgekoop, en 100% betaal vir ons skuld, die dag wat Hy vir ons aan ‘n houtkruis gesterf het…  Hy’t nie vir ons voorwaardes gestel – soos om te sê dat Hy ons “eers op sig” sal neem, en kyk of ons voldoen aan Sy vereistes voordat Hy vir ons skuld betaal nie…  Hy’t ook nie gesê dat Hy dit op krediet sal doen nie, deur afbetalings te maak, na aanleiding hoe jy “perform” nie…  Nee, Hy het 100% vooraf vir ons betaal, sonder waarborg dat jy Sy liefde sal aanvaar, of Hom as jou Hemelse Pappa sal aanvaar…  Hy’t jou so oneindig lief, dat Hy ALLES (nl Sy lewe) op die spel gesit het, om jou ‘n lewe van oorvloed, geluk, liefde, sonskyn en alles wat mooi is te verseker…   Hoekom is daar dan pyn, hartseer, skuld, siekte of ongelukkigheid (hoor ek sommer baie van julle vra)?  Omdat ons in ‘n "nie-perfekte" wêreld bly…  ‘n Wêreld vol gebrokenheid, pyn en sonde…  Maar ons dien steeds ‘n perfekte God…  Een wat jou NOOIT, maar NOOIT sal verlaat nie…  Een wat met Sy kruisdood gewaarborg het dat jy NOOIT, maar NOOIT die pad alleen sal hoef aan te durf nie…  Selfs al raak die pad wat jy moet stap langer as wat jy kan volhou…  God sal jou dra deur daardie onmoontlikhede…  Hy sal paaie maak in jou lewe waar daar net doodloopstrate was, en Hy sal uitkoms bring, daar waar dit totaal en al onmoontlik lyk…  Vir jou wat die dinge dalk so onmoontlik lyk, hier is die volgende 2 verse…  Lukas 1:37: “Niks is vir God onmoontlik nie” en Ephesians  3:20 “Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us, to Him be the glory, now and forever, Amen…”

Blessings!

Anelli**










No comments: