Tuesday 11 June 2013

"God will never give you a challenge that you cannot handle..." - Rev. David Gernetzky

Haloes!

"God will never give you a challenge that you cannot handle..." - Rev. David Gernetzky

2 Korintiers 12:9

"Wanneer jy swak is, is my krag jou beskutting en hoef jy nie op jouself staat te maak nie... Onthou: My genade is vir jou genoeg... My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is..."

Psalm 3:4; Jesaja 41:10b

"Ek, die Here, beskerm jou... Ek beskerm jou van alle kante... Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas..."

"Your biggest struggle will be your biggest victory..." - Louis Smith

"Use your mistakes as stepping stones, not stumbling blocks..." - Unknown

Ek onthou toe ek klein was, hoe lekker dit was om 'n rivier oor te steek deur die klippe in die water te gebruik as vastrapplek... Of om by die see oor die rotse te klouter ten einde by van die mooi poele uit te kom...  Dit was dan natuurlik die grootste uitdaging om op die klippe te trap en te kyk of jy dit kan regkry om die water oor te steek sonder dat jou voete natraak ;)  Ek dink dat ek dit op uitsondering reggekry het!

Met die lewe is dit soortgelyk aan hierdie scenario... Jy kan partykeer jou beste gee, maar tog sal jy dalk op die ou einde enkeldiep in die water staan...  Uitdagings is deel van die lewe... Sonder uitdagings sal jy nie kan ontwikkel nie, sal jy jouself nie kan laat groei nie, en op die ou end nie uitvind tot wat jy in staat is nie... Daar is twee maniere om na uitdagings te kyk - na iets wat onmoontlik is, en wat jy nie eens voor kans sien nie, of jy kan dit sien as 'n geleentheid om blootstelling te kry, wat jou dalk as mens gaan laat ontwikkel, en waardeur jy moontlik iets kan bereik...  Daar is net 2 moontlike uitkomste - jy kan of suksesvol wees, of jy kan ondervinding opdoen wat jou sal equip vir ander moontlike geleenthede wat dalk oor jou pad mag kom... In beide gevalle sal jy niks verloor nie :) en jy sal nie hoef te wonder oor die wat-asse nie...   Moenie toelaat dat mense se woorde wat dalk reeds gespreek is oor jou lewe, of woorde wat mense spreek nog voordat jy 'n uitdaging aanpak, vastrapplek in jou lewe kry nie... In Filippense 4:13 belowe Jesus - Jy is tot alles in staat deur Hom wat jou krag gee... Glo God - Hy SAL sorg!! ;)

Blessings!

Anelli**

No comments: