Wednesday 5 June 2013

“The weak can never forgive. Forgiveness is the attribute of the strong…” ― Mahatma Gandhi

Haloes! J

“The weak can never forgive. Forgiveness is the attribute of the strong…” ― Mahatma Gandhi

Mark 11:25

“And when you stand praying, if you hold anything against anyone, forgive him, so that your Father in heaven may forgive you your sins. "

Psalm 103:12

“As far as the east is from the west, so far has he removed our transgressions from us…”

“True forgiveness is when you can say, "Thank you for that experience…” ― Oprah Winfrey

“Resentment is like drinking poison and then hoping it will kill your enemies…” ― Nelson Mandela

Ek het die geleentheid gehad om Ierland te besoek voordat ek teruggekeer het Suid-Afrika toe…  Iets wat nogals skokkend was vir my, is dat in Noord-Ierland (Belfast en Derry), daar nog ongelooflike onenigheid heers…  En nie tussen WIE nie – tussen die Protestante en die Katolieke…  In Belfast is daar as’t ware nog ‘n “Berlynse tipe muur” op wat die gebied waar die Katolieke en Protestante woon, skei…  Snags is daar hekke wat gesluit word, om te voorkom dat die Katolieke en Protestante bymekaar uitkom, om enige tipe moeilikheid wat moontlik mag voortspruit, te voorkom…  Die een toergids het aan ons vertel dat indien daar enige moeilikheid gedurende die dag kan opvlam, sal die hekke summier gesluit word…  Dit is vir my ABSOLUUT verskriklik…  Ons, as toeriste, het die geleentheid gehad om op die muur, ‘n boodskap van vrede te skryf…

Die woorde wat by my opgekom het, was dat “Liefde wen – Bouwer Bosch”…  My ma het opgeskryf, “Peace starts with forgiveness…”  Iemand anders het opgeskryf –“ If we do not end the war, the war will end us…”  As ek dink aan die Kruisdood van Jesus…  Wat het Hom aan die kruis gehou? Defnitief nie die spykers nie, maar Sy liefde en ongelooflike vergifnis wat Hy vir ELKEEN van ons gehad het…  Ons as Christene moet die verandering wees en leef, van wat ons sal wil sien in hierdie wêreld…   Tog, is dit dikwels die Christene wat die grootste oorlogmakers is!  Ons wil nie ander vergewe vir dit wat hulle aan ons gedoen het nie…  Ons probeer boek hou van die kwaad, in plaas daarvan dat ons uit God se liefde en genade vir ons leef…  Jesus het vir ons elkeen aan die Kruis gesterf…  Daardie dag het Hy vir ons ‘n skoon bladsy kom gee in ons lewensboek…  Hy het genade onbeskryflik groot kom bewys, deur Sy lewe te gee, sodat nie ek of jy sal vergaan nie, maar dat ons die Ewige lewe kan hê – onverdiend!  My ouers het nog altyd aan ons probeer leer – moenie ‘n dag kwaad gaan slaap nie…  Want mens weet nie wat die dag van môre gaan bring nie…  OF ons weer ‘n geleentheid gegun gaan word om te kan jammer sê nie…  As ons, as Christene nie gaan begin om die verandering te wees deur te kan sê ons is jammer as ons verkeerd was nie, weet ek werklik nie waar dit alles gaan eindig nie…  Jesus sal elkeen oordeel, op die oordeelsdag…  Kom ons maak dit ons missie om 1 Corinthians 13 te LEEF…  Ek laat jou met daardie woorde agter – kom ons laat toe dat LIEFDE wen, en nie dat ons haat, seerkry of pyn die oorhand kry nie…

1 Corinthians 13:4-7: Love is patient, love is kind. It does not envy, it does not boast, it is not proud. It does not dishonor others, it is not self-seeking, it is not easily angered, it keeps no record of wrongs.  Love does not delight in evil but rejoices with the truth.  It always protects, always trusts, always hopes, always perseveres.

Blessings!


Anelli**

No comments: