Thursday 20 June 2013

There is no passion to be found playing small - in settling for a life that is less than the one you are capable of living… ~ Nelson Mandela


Haloes! :)

There is no passion to be found playing small - in settling for a life that is less than the one you are capable of living… ~ Nelson Mandela

Isaiah 43:2-3

Do not fear, for I have redeemed you; I have summoned you by name; you are mine. When you pass through the waters, I will be with you; and when you pass through the rivers,
they will not sweep over you. When you walk through the fire, you will not be burned…

Deuteronomy 31:8

 The Lord himself goes before you and will be with you; he will never leave you nor forsake you. Do not be afraid; do not be discouraged…

“There is only one thing that makes a dream impossible to achieve: the fear of failure.”― Paulo Coelho

"Fear is the dark room where negatives are developed..." ~ Anonymous

Foto's is een van my gunsteling goed op aarde! In my tydjie daar anderkant is dit iets waarop ek gekapitaliseer het…  Ek was altyd die “irriterende ene” wat alles op film wou vaslê…  Want fotos is iets waarop herinneringe vasgevang kan word, sodat jy jare later kan terugkyk om die spesiale tye te kan onthou... Foto's kan egter nie ontwikkel word sonder 'n "negatiewe" nie... Of dit nou met behulp van werklike "negatiewe" is - wanneer jy foto's met 'n film neem, of deur middel van 'n "memory card" of "flash disk" - jy het iets nodig om die "image" vanaf die kamera te haal, om dan uiteindelik die eindproduk naamlik "die foto" te ontwikkel... Dieselfde is waar van vrees... Vrees is die eindproduk van bekommernis... Vrees word baie keer ook in 'n "donkerkamer" (soos waar foto's ontwikkel word), gekweek... Mens is meer geneig om spoke op te jaag wanneer dit nagtyd (donker) is, en wanneer jy nie kan slaap nie... Goed en probleme lyk sommer verskriklik groot wanneer dit nag is (letterlik en figuurlik)... Ek dink sommer nou aan tye toe ek klein was, wat mens allerhande "dinge" in donker skaduwees in jou kamer gesien het, maar wanneer jy dan vinnig jou lig aanskakel, is dit sommer 'n boek of 'n teddie wat die lig verkeerd getref het, en wat soos "iets" gelyk het - wat jou bang gemaak het, omdat jy dink dit kan jou skade aandoen...

Die belangrike ding om te onthou, is dat God nie slaap nie... Daardie dinge wat jou so verskriklik pla - Hy weet van ELKE liewe ietsie... En Hy is die HELE nag wakker... Jy kan wanneer jy so bang raak weet - so seker as wat jy jou lig kan aanskakel wanneer vrees vir jou net te groot raak, so seker is Hy by jou, en hou Hy die HELE nag oor jou die wag... Hy sal môre wanneer jy wakker raak, steeds daar wees... Die probleme sal heel waarskynlik ook daar wees, maar wanneer mens 'n GOEIE nagrus gehad het, en helderder dink oor dinge, kom oplossings dikwels soveel makliker... Wanneer jy die dinge aan God oorgee, kom daar uitwegte waar jy nie gedink het uitwegte moontlik is nie - want God SORG... Al wat ons kan doen, is bid en vertrou... Deur bekommerd te wees, en deur die bekommernis om te skakel in vrees, gaan jy NIE die probleme oplos nie... Dit gaan jou net moeg maak, en tap van die bietjie energie wat jy gehad het, en wat jy eerder positief kon aanwend, deur te BID vir God om jou te omvou met Sy liefde, en vir jou te help om 'n "pad" te vind, waar dit gelyk het, geen pad moontlik is nie... Hy sal sorg - jy moet net bid en glo en vertrou... Moenie slaap verloor oor dinge wat buite jou beheer is nie - laat dit oor aan God, want Hy is immers heel nag wakker...

blessings!

Anelli**

No comments: