haloes! :)
You were
born an original, don’t die a copy… ~ John Mason
Deuteronomy
31:6
“Be strong and
courageous. Do not fear or be in dread of them, for it is the LORD your God who
goes with you. He will not leave you or forsake you.”
Isaiah
41:10
Fear not, for I
am with you; be not dismayed, for I am your God; I will strengthen you, I will
help you, I will uphold you with my righteous right hand.
"Pak jou lewensbootjie lig met net die nodigste:
'n warm tuiste en eenvoudige genietinge, een of twee vriende wat die naam
werd is, iemand om lief te he, en iemand om jou lief te he..." ¬
Jerome K Jerome
"God het aan jou gedink nog lank
voordat jy ooit aan Hom gedink het... Sy doel vir jou lewe
dateer al van voor jy verwek is... Hy het dit beplan voordat jy nog
bestaan het, en sonder jou insette..." ¬ Rick Warren
Het jy al jouself die vraag
gevra - hoekom is EK op hierdie aardbol? OF dink jy dalk in die negatiewe
- "ek het nie 'n doel nie / ek weet nie wat my doel is nie?...";
"niemand gee om vir my nie..."; "ek is alleen en
het hopeloos te veel bagasie / probleme, vir iemand om vir my
te kan lief wees..." Rick Warren en
Jerome is twee absolute wenners! Hulle slaan die spyker opdie kop!
God het jou al beplan (ek glo) tydens die Skepping... Hy het
toe alreeds geweet daar gaan 'n JY op hierdie aardbol wees, en wanneer jy gaan
lewe... Hy het jou UITGEKIES nog voordat jou ouers geweet het dat hulle
aan jou sou lewe skenk... DIT is hoe AWESOME hierdie Hemelse Pa van ons
is... Hy het vir jou 'n lewe beplan... Hoe jy die keuses
langs die pad maak, is totaal oorgelaat aan jou... MAAR, Hy bly
oneindig lief vir jou, maak nie saak HOE daai lewenspad verloop
nie... Hy is bereid om ELKE sonde wat jy doen, te vergewe... Al
doen jy dit daagliks... en al leer jy partykeer nie uit jou foute nie...
Jy is
ONGELOOFLIK spesiaal... Ek kan nie dit genoeg beklemtoon nie...
Mens dink altyd dat jy tevrede sal wees - WANNEER... Wanneer jy
finansieel onafhanklik is... Wanneer jy jou lewensmaat het... Wanneer
jy jou eerste kind in die wêreld bring... Wanneer jy jou droom
werk het, of jou droom kursus swot... Of wanneer jy BAIE vriende
het... Dis nie verkeerd om te streef na iets beter of om ambisie te he
nie... GLAD NIE :) Jerome het egter vir my die regte
uitkyk op die lewe - ware vriende is die wat jy 4uur in die nag
sal kan bel, en hulle sal kom om jou te help - WAAR EN WANNEER ookal... As iemand net jou vriend is wanneer jy iets
is, is ek nie so seker of dit ‘n werklike vriend of vriendin is nie… Mens sien gewoonlik wie vir jou daar is,
wanneer dit moeilik gaan… Wanneer ons dielewe
eenvoudiger maak – deur op te hou om te “worry” oor onbenullighede, val die dinge
baie makliker in plek, en die probleme raak ook sommer baie
minder...
God het jou
gekies om Sy kind te wees... As jy dalk bietjie ver van Hom af voel - moenie
worry nie :) Hy sal jou nooit verlaat en jou nooit in die steek
laat nie... HY is die een Iemand,
wat by jou sal staan, deur die goeie EN slegte tye… God sal jou nooit los nie - Hy het jou lief
AS GEVOLG VAN al jou foute... Ons foute gee aan ons karakter, en die lesse
wat ons leer, maak van ons die mense wat ons is... Moenie so
hard wees op jouself nie - niemand is perfek nie:) Ons almal het
probleme, maar ons ALMAL is uitgekies... Mag jy vandag God se arms van
liefde om jou voel en mag jy GLO dat die lewe nie dieselfde sonder
jou daarin sou wees nie... :)
blessings!
anel**
No comments:
Post a Comment