Sunday 21 October 2012

“Many times we miss out on God’s best, because we give up too soon…” ~ Joel Osteen


Haloes! :)

“Many times we miss out on God’s best, because we give up too soon…” ~ Joel Osteen

Deuteronomy 31:6

“Be strong and courageous. Do not fear or be in dread of them, for it is the LORD your God who goes with you. He will not leave you or forsake you.”

Isaiah 41:10

Fear not, for I am with you; be not dismayed, for I am your God; I will strengthen you, I will help you, I will uphold you with my righteous right hand.

“Though you see nothing, He is acting.” ― Max Lucado

“We forget that IMPOSSIBLE is one of God's favorite words” ― Max Lucado

Wie van julle het al brood gebak?  Daar is niks lekkerder as die vars geur van ‘n varsgebakte brood nie…  Om by dit uit te kom, moet jy egter ‘n paar rou bestandele saamgooi, dit behoorlik knie, sodat dit uiteindelik ‘n deeg kan vorm wat jy as basis vir die brood kan gebruik…  Daardie deeg sal egter nie kan gaar word indien dit in die bak bly nie…  Dit sal in ‘n oond – met die regte temperatuur moet wees om uiteindelik gaar te kan raak (geleidelik) sodat dit kan uitrys, en om uiteindelik die naam – brood waardig te wees…

Hoekom skryf ek sulke stories vir jou neer??  Die beeld het die naweek by my opgekom dat ons lewe soos broodbak is…  Ons lewe is soos ‘n bol deeg…  Daar mag stadiums wees wat dit vir jou vormloos lyk…  Daar mag ook tye wees wat jy deur moeilike omstandighede gaan, en jy net nie die doel daarvan kan insien nie…  Die moeilike tye is gewoonlik soos wanneer die brood gebak word – vir die brood om gaar te raak en uit te rys, moet dit by die regte temperatuur gebak word…  God hou heeltyd oor jou die wag terwyl jy deur hierdie “louteringstye” gaan…  Hy beheer presies die “baktyd” en hitte sodat jy nie sal “brand” of seerkry nie…  So al sien jy dalk net ‘n bolletjie deeg, en weet jy dalk nie watter kant toe nie, kan jy rus in die wete dat die Here besig is…  Hy werk op “mysterious ways”…  Jy sien dalk net deurmekaargeit, en onsekerheid, maar God sien die eindpunt, en weet waarheen Hy met jou en jou lewe oppad is…  Moenie opgee voordat dinge in plek val nie!  Joel Osteen se aanhaling is vir my ook so van pas op elkeen van ons se lewens…  Ek is seker daar is baie dae, veral wanneer dinge moeilik gaan, wat jy net lus voel om handdoek in te gooi, en om op te hou probeer…  God is besig in daardie tye…  Besig om Sy beste vir jou voor te berei!!  Moenie uitmis op God se beste, omdat jy ongeduldig raak nie…  Rome is nie in ‘n dag gebou nie, en enige iets wat die moeite werd is, neem tyd!  God weet beter as ons…  Hy is in beheer!  Hy sal jou bewaar en seen in die week wat voorle!  Ek glo dit gaan vir jou 'n pragtige, en baie geseende week wees!

Blessings!

Anelli**




No comments: