Monday 8 October 2012

“Running away from a problem, only increases the distance from the solution… The easiest way to escape from the problem is to solve it…” ~ Unknown


Haloes! J

“Running away from a problem, only increases the distance from the solution…  The easiest way to escape from the problem is to solve it…” ~ Unknown

Mark 5:35-36 

While he was still speaking, there came from the ruler’s house some who said, “Your daughter is dead. Why trouble the Teacher any further?” But overhearing what they said, Jesus said to the ruler of the synagogue, “Do not fear, only believe.”

Zephaniah 3:17

The LORD your God is in your midst, a mighty one who will save; he will rejoice over you with gladness; he will quiet you by his love; he will exult over you with loud singing.

When the world says, "Give up," Hope whispers, "Try it one more time..."  ~ Author Unknown

Once you choose hope, anything's possible… ~ Christopher Reeve

Voel jy vandag lus vir weghardloop?  Miskien is dinge so deurmekaar, en weet jy net nie wanneer jy weer kop bo water gaan kry nie…  Dis hierdie tyd van die jaar wat die moegheid wil deurslaan, wat die werk te veel is, en die ure hopeloos te min is…  Waar daar nie eers tyd is om te sit en ‘n koppie tee saam met vriende te drink nie… Of miskien is jy dalk finansieël platgeslaan, en kan jy net nie daardie rekeninge laat klop nie…  Die uitgawes raak net al hoe meer hoe verder die jaar aangaan!  Of miskien het jy probleme met jou verhouding, en harder julle probeer om dinge uit te werk, hoe verder word julle net uitmekaargedryf?  Miskien is jy en jou kinders van mekaar vervreem – en niks van daardie selfhelp boeke wil meer help nie…  Dit veroorsaak net probleme, eerder as oplossings…  Miskien het siekte jou onverwags oorval, en sukkel jy om te verwerk wat met jou aan die gebeur is…

Ek’t mos onlangs my enkel gebreek, en is vir baie lank afhanklik gewees (en steeds) van krukke…  Ek moes nou die dag ‘n dokter gaan besoek het, en sy spreekkamer is aan die einde van ‘n bitter lang gang…  Toe ek die gang begin afstap, was dit vir my asof dit nimmereindigend was…  Ek het egter net kop afgehou, en NET op die volgende tree wat ek moes gee gefokus…  Voor ek dit geweet het, het ek die eindpunt van daardie lang gang bereik…  Met ons lewens is dit presies dieselfde…  Moenie worry oor dit wat jy nog nie weet nie, of dit wat jy nog nie ‘n oplossing voor het nie…  God het REEDS ‘n oplossing daarvoor!  Al wat jy moet doen, is om te FOKUS om die volgende tree te gee …  God voorsien jou elke dag van genoeg genade en genoeg krag vir DAARDIE dag…  Moenie vandag se krag mors op môre nie…  God sal sorg vir die dag van môre…  Wees jy net getrou, en vertrou!


Blessings!
Anelli**

No comments: