Monday 22 October 2012

Faith activates God - Fear activates the Enemy… ~ Joel Osteen


Haloes! J

Faith activates God - Fear activates the Enemy… ~ Joel Osteen

Psalm 23

"Die Here is my herder, ek kom niks kort nie...  Hy laat my in groen weivelde rus, Hy bring my by waters waar daar vrede is...  Hy gee my nuwe krag...  Hy lei my op die regte paaie, tot eer van Sy naam...  Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my...  In U hande, is ek veilig...  U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teestanders moet toekyk...  U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid...  U liefde en goedheid sal my lewe lank by my bly, en ek sal tuis wees in die Huis van die Here, tot in lengte van dae..."

Psalm 23, is een van daardie Psalms wat my deur ENIGE iets kry…  Wanneer mens bang is…  Wanneer jy gelukkig is…  Wanneer jy onseker is…  Dis ‘n Psalm wat op enige scenario van toepassing is, en wat my gewoonlik vul met ‘n ongelooflike rustigheid…  Psalm 23 is POWERFUL julle!  Ek het het afgekom op iets wat ek geskryf het – ‘n tyd gelede, van hoe Psalm 23, 10 beloftes daarin opgesluit het vir ons…  Ek het die Sondag oggend wakker geraak en Psalm 23 was die eerste iets wat my gedagtes gevul het...  Toe ek dit weer opnuut lees, het God vir my 10 beloftes uitgewys!  Hier is beloftes in opgesluit wat geld, van die dag wat ons gebore word, tot die dag wat ons weer by God sal wees...  Ek breek dit kortliks op soos dit vir my sin maak en ek hoop dat God jou vandag sal bless hiermee!

1.  Die Here is my herder, ek kom niks kort nie - God is altyd by my, selfs al voel dit nie so nie, om my te beskerm, en om te sorg dat ek alles het wat ek nodig het...
2.  Hy laat my in groen weivelde rus... - Hy gee my rus wanneer ek nie meer kan nie, as ek met Hom praat in gebed, en vir Hom hulp vra...
3.  Hy bring my by waters waar daar vrede is - Hy help my om besluite te maak, en gee my rustigheid en vrede in my binneste as ek die besluit met Hom bespreek is, en dit volgens Sy wil vir my lewe is...
4.  Hy gee my nuwe krag...  - God kom vul my elke oggend met nuwe krag, sodat ek my dagtaak kan aanpak...  Hy vernuwe my krag, my moed en hoop wanneer ek met Hom tyd spandeer...
5.  Hy lei my op die regte paaie, tot eer van Sy naam... - As ek vir God in beheer stel, SAL Hy my op die regte paaie laat loop, sodat ek die regte geleenthede sal teëkom, en dat ek my voete nie teen "klippe" of eerder "obstacles" sal stamp nie...
6.  Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my... - God is ALTYD by my...  Selfs al voel ek alleen, en is my omstandighede oorweldigend...  Hy sal SORG...  Ek moet net vertrou...
7.  U laat my by 'n feesmaal aansit... - God sorg altyd dat ek dit wat ek nodig het, op die regte tye ontvang...  Hy weet al wat ek nodig het, nog voor ek vra...  Ek moet net vertrou...
8.  U ontvang my soos 'n eregas... -  Ek hoef nie agter in 'n ry te sit as ek met God wil praat nie...  Ek stap reg deur - of ek bel met 'n direkte lyn hemel toe sonder enige beset tone...  Hy is ALTYD beskikbaar vir my...
9.  U liefde en goedheid sal my lewe lank by my bly… - God sal ALTYD vir my daar wees, en vir my lief wees, maak nie saak WAT ek doen nie...  Hy het my so lief gehad dat Hy vir my gesterf het...
10.  En ek sal tuis wees in die Huis van die Here, tot in lengte van dae...  Wanneer ek eendag my aardse huis verlaat, het God reeds vir my 'n plekkie daar by Hom ingerig...  Een sonder pyn, sonder seer, sonder al die slegte dinge van die wêreld...  En ek sal VIR ALTYD daar kan bly...

Hoop hierdie het jou geseën soos dit my geseën het toe God vir my gewys het wat Hy eintlik met Psalm 23 bedoel het...

Ek hoop jou dag sal pragtig wees!!

Blessings!

Anel**

No comments: