Haloes :)
“To receive what God has for you, you need to put down the things you
are holding onto…” ~ Louie Giglio
James 1:12
“Blessed is the man
who remains steadfast under trial, for when he has stood the test he will
receive the crown of life, which God has promised to those who love him…”
2 Corinthians 12:10
“For the sake of
Christ, then, I am content with weaknesses, insults, hardships, persecutions,
and calamities. For when I am weak, then I am strong…”
“I cried because I had
no Shoes… Till I saw a man with no feet… Life is full of blessings… Sometimes we are just too blind...To see
them…” ~ Unknown
“Count your
blessings and your problems….If your problems outnumber your blessings, Count Again… Chances are the things that you take for
granted were not added up…” ~ Unknown
Waaraan klou jy vas?
Wat is jou reddingsboei wat jou “afloat” hou op hierdie stadium van jou
lewe? Jou werk? Jou finansies? Jou siekte?
Jou vriende? Jou geliefde? Jou familie?
Jou probleme? Krisisse? Oorwinnings?
Hoop? Hierdie aanhaling van Louie
Giglio is vir my ‘n ongelooflike groot waarheid!!! Jy ervaar dalk moeilikheid, opdraande,
hartseer of pyn op hierdie stadium van jou lewe… Dit voel dalk vir jou of elke gebed wat jy
bid teen die dak vasgaan… Of selfs erger
nog – miskien het jy ophou bid, ophou hoop, ophou glo… Vir jou wil ek vandag sê – God staan reg met
SEëN vir jou lewe… Elke een van ons het
ELKE dag 86,700 sekondes van GUNS, hoop en die belofte van ‘n nuwe dag wat nuwe
geleenthede bring… Dit kry ons
outomaties, wanneer ons, ons oë oopmaak aan die begin van ‘n nuwe dag! Ons hou egter partykeer so vas aan alles wat
nie lekker is nie, alles wat ons moeg maak, seermaak, OP maak vir die lewe, dat
ons hande só vol is, dat daar nie plek is vir die “blessings” wat God oor jou en
jou lewe wil uitstort nie…
Wil jy nie maar bietjie laat gaan, aan alles wat jy so
vashou, en so hard probeer om te hanteer en te beheer nie? Laat bietjie die stuur aan God oor… Hy is in elkgeval ‘n Expert op ELKE gebied
van moeilikheid of dalk oorvloedige blydskap wat jy tans in jou lewe ervaar… Hy sal jou nie laat verdrink nie – Hy wil jou
lewensboei wees wat jou “afloat” hou, wat sorg dat jy die mens word wat Hy jou
bestem het om te wees… Een wat ‘n
inspirasie sal wees vir die mense rondom jou…
Wat daagliks sy lig SO laat skyn, dat alle eer aan Jesus toeval, wat jou
met soveel dinge geseën het! Ons neem
net so dikwels, so baie dinge as vanselfsprekend, dat ons partykeer GROOT dinge
wat GROOT seën in ons lewens is, miskyk…
Mens besef gewoonlik eers die waarde van iets, wanneer jy dit verloor
het… Moenie wag om iets in jou lewe te
verloor, voordat jy die waarde daarvan raaksien nie… En maak jou hande oop – kom met verwagting na
Jesus… Hy wil nie hê jy moet so swaar dra
aan als wat jy saamsleep nie… Hy wil hê
jy moet jou hande oopmaak dat jy Sy seën in jou lewe ELKE dag sal raaksien en
ervaar hoe Hy jou las ligter maak…
Hier is ‘n gebed wat ek vir elkeen van julle het… Vir watookal vir jou wag in die nuwe dag wat
vir jou voorlê…
“Here, dit is my
begeerte om U beter te ken sodat ek al die seëninge kan ervaar wat U vir my het… Ek bid minder as wat ek sou wou, en ek gaan
deur tye van vrees en vertwyfeling, maar ek wil vandag daaraan wy om U meer te
vertrou en sonder ophou te bid – selfs al voel dit soos ‘n worsteling – want ek
weet ek sal in U teenwoordigheid verander word…
Ek sal na U bly soek totdat ek die vertroosting van die Heilige Gees
ervaar…” ~ “Kragtige gebede vir elke dag… ~
Stormie Omartian”
Blessings!
Anelli**
No comments:
Post a Comment